WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA30_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA30_2020

geplaas op 19:12 (GMT+2) Wo., 28 Apr. 2021

Cape Wools Merino aanwyser styg met 3.7% en 96.1% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 3.7% and 96.1% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 30ste wolveiling van die 2020/21 seisoen, het op 28 April plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 3.7% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R162.74/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 1.8% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 0.4% swakker verhandel teen die VSA Doller, maar het 0.9% versterk teen die Euro. Die grootste styging van 4.8%, was in die 21.5 mikron segment. G. Modiano SA  het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool SA, Lempriere SA en Stucken & Co. Daar is in totaal 9 483 bale aangebied, waarvan 96.1% verkoop is.

Op die OVK veiling is 2 697 bale aangebied waarvan 95.3% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R182.90/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CL van 16.7 mikron, uit die skeersel van PJA van der Merwe, van Richmond in die Noord-Kaap.  Die koper was Standard Wool SA . Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die kombinasie van die Australiese wolmark wat styg en die Rand wat verswak teenoor die vernaamste geldeenhede, het die verbetering in die Suid-Afrikaanse wolmark veroorsaak. Alles in ag genome, het die SA wolmark egter beter vertoon as die Australiese mark. Dit toon 'n positiewe vooruitsig vir die nabye toekoms. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 2.9% laer vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Sertifisering is 'n neiging wat gekom het om te bly en produsente kan gerus kennis neem daarvan. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Produsente moet kennis neem dat die laaste wolinweegdatum van die seisoen op 12 Mei sal wees. Dit is vir katalogus CA34. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 5 Mei 2021, waar sowat 4 672 bale aangebied sal word.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 30th wool auction of the 2020/21 season, took place on 28 April. The Cape Wools Merino indicator traded 3.7% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R162.74/kg. The Australian EMI increased by 1.8%, compared to the previous sale. The Rand traded 0.4% lower against the US Dollar, but strengthened by 0.9% to the Euro, compared to the previous auction. The largest increase this week, of 4.8%, was in the 21.5 micron segment. G. Modiano SA was the major buyer on this auction, followed by Standard Wool SA, Lempriere SA en Stucken & Co. A total of 9 483 bales were on offer, of which 96.1% was sold.

On the OVK auction 2 697 bales were offered, of which 95.3% was sold. The highest price on the OVK auction, of R182.90/kg, was achieved for a 1 bale lot CL of 16.7 microns, from the clip of PJA van der Merwe from Richmond, Northern Cape. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

A combination of the strengthening in the Australian wool market as well as the Rand weakening against the most important currencies resulted in the increase in the South African wool market. This shows a positive outlook for the nearby future. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 2.9% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS) good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and saw healthy competition amongst buyers. Certification is a tendency that came to stay and producers must take note of this trend. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process.  Producers must take note that the last wool weigh-in date for this season, will be on 12 May. That is for catalogue CA34. The next wool auction is scheduled for 5 May 2021; where about 4 672 bales will be on offer.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer