Oor OVK

LEES MEER OOR ONS


OVK verteenwoordig en verskaf die volgende dienste en goedere:

  • Alle boerderybenodigdhede vir saai- en veeboerdery (52 Handelstakke )
  • Versekeringsdienste: Oesversekering en Korttermynversekering
  • Handelaars van Claas, Massey Ferguson, Challenger, en Toyota
  • Klientefinansieringsdienste
  • Handelaars in koring, mielies, sonneblom, droë bone en lusern
  • Vervaardig topgehalte mieliemeelprodukte (OVK Super, Blackball en Power)
  • Vervaardig topgehalte koringmeelprodukte (OVK Super, Blackball en Power)
  • OVK bedryf ses bandesentrums: Ficksburg, Ladybrand, Burgersdorp, Hopetown, Zastron en Dewetsdorp
  • Bedry vyf brandstofverspreidingspunte (Total, Quest en Engen)
  • Besit en bedryf Gariep Abattoir (Strydenburg)
  • Landbouvoorligting


Besit en bedryf Gariep Abattoir (Strydenburg)
Besit 100% beherende aandeel in CMW:
Wol- en bokhaarverhandeling
Lewendehawe
Skeerdienste
Eiendomme
Tegniese velddienste
Kliënte-omvang:
Ongeveer 3600 (waaronder ongeveer 10 000 boere-aandeelhouers). Taalvoorkeure: sowat 85% Afrikaans, 15 % Engels

Ander besonderhede:

Gebied is sterk gediversifiseerd: Hoë potensiaal akkerbou, naamlik mielies, koring, sonneblomme, droë bone, ook aspersie-, kersie-, vrugte- en groenteverbouing / Aangeplante weidings / Natuurlike grasveld-weidings / Wolskaap en vleisskaapboerderye / Suiwel-en vleisbeesboerderye / Ook perdeboerderye en volstruisboerderye kom voor. Die besproeiingsgebiede van die Visriviervallei en ook besproeiing langs die Caledon-, Kraai-en Oranjeriviere lewer stewige oeste van lusern, mielies en koring
Uitstaande toerismegebied. Die sandklipgebied in die Oos Vrystaat en Oos Kaap is asemrowend mooi, suidwaarts afgewissel met pragtige dolerietrante en korter gras- en gemengde gras- & bossievelde van die Suid Vrystaat en Oos Kaap. Verder suid- en weswaarts omsluit OVK 'n stuk pragtige Karoo-gebied met 'n eiesoortige skoonheid.
Gebied omsluit prominente Suid-Afrikaanse-damme: Gariepdam en Vanderkloofdam (in Oranje), Knellpoortdam en Welbedachtdamme (langs en in die Caledon), Kalkfonteindam (in die Rietriver in Fauresmith), Egmontdam (Zastron), Armeniadam (in die Leeurivier, Ladybrand), Allemanskraaldam (in die Sandrivier, deels in die distrikte Winburg ,Ventersburg en Senekal) en Erfenisdam (aan die noord-ooste gekoppel aan Winburg-distrik)
OVK se diensgebied is in drie provinsies, Vrystaat, Oos Kaap en Noord Kaap en saaam met CMW ook nou nasionaal. Twee-en-vyftig handelstakkke, van Steynsrus in die noorde tot Port Elizabeth in die suide, Prieska in die weste en Elliot in die ooste word bedryf.
Opsomming:

Die hoë potensiaal van die gebied en sy boere, en die gediversifiseerdheid van sy bedryfsvertakkinge, maak OVK 'n prominente en stewige rolspeler op verskeie terreine van die RSA-ekonomie en van dié van die Vrystaat, Oos-Kaap en Noord-Kaap in besonder.

Agri Securitas Mediaverklaring


Agri Securitas Mediaverklaring

Lees Meer

Elite Dormer Veiling: Veilingsuitslag


Elite Dormer Veiling:  Veilingsuitslag

Lees Meer

Rotswand & Maratana Veiling: Veilingsuitslag


Rotswand & Maratana Veiling:  Veilingsuitslag

Lees Meer

Suidplaas Dohnes: Veilingsuitslag


Suidplaas Dohnes:  Veilingsuitslag

Lees Meer

Charmac Veiling: Veilingsuitslag


Charmac Veiling:  Veilingsuitslag

Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Video
OVK Video
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Junie 2019
OVK Nuus Junie 2019
Adverteer Hier Lees Meer