Die OVK Wol-afdeling word wyd erken as 'n vernuwende bemarking-span wat internasionaal kompeterende pryse beding. OVK Wol-bemarkers kombineer op kundige wyse hul jarelange ervaring en die moderne tegnologie tot 'n wen-kombinasie in diens van ons lojale wol-produsente.
Dit is ons strewe by OVK Wol-bemarkers om boere se voorkeur diensverskaffer te wees vir hul wol-bemarking,asook die voorbereiding en versending daarvan. Ons wol word op die hoog-aangeskrewe internasionale AWEX-ID (die Australiese Wol-beurs ID) gewaardeer, dus is ons standaarde vergelykbaar met die beste in die wereld. Die nougesette wyse waarop ons wol vir veilings voorberei word, waarborg vir produsente dat hul wol tot die maksimum globale mark-waarde sal presteer - of dit selfs sal oorskry.
By OVK akkommodeer ons wol van alle gehaltes en alle hoeveelhede en daag ons onsself uit om waarde toe te voeg, hetsy deur ons Saamverpakkings-afdeling of deur die vesel te hersorteer ten einde die waarde daarvan te verbeter. Ons wol word hoofsaaklik onder die hamer verkoop op 'n vooraf bepaalde skedule van die Suid-Afrikaanse Wol en Sybokhaar Beurs.
OVK geniet erkenning as die tweede grootste wol-makelaar in Suid-Afrika en behaal op konstante wyse groei in mark-aandeel.
Laai af: