MARKANALISE
WÊRELDREKORD PRYS!!! R1220.00/KG
Die vierde veiling van die 2026-somerseisoen het op 31 Maart 2026 plaasgevind, met 156 849 kg wat aangebied is, waarvan 96% verkoop is. Die aanbod het bestaan uit bokhaar van goeie gehalte, met 84% van die bokhaar wat RMS-gesertifiseer was. Daar was vandag sterk mededinging gedurende die veiling, met alle kopers wat aktief deelgeneem het, veral vir die fyner segmente van die mark. Nieteenstaande, het die gemiddelde markaanwyser met 1% gedaal vanaf die vorige veiling en het gesluit op R403.86/kg.
’n Nuwe wêreld en seisoen rekord prys op ’n openbare veiling van R1220.00/kg is vandag behaal vir ’n super styl BSFFK-baal van Paul Webber van Albany! Baie geluk met hierdie prestasie.
Die hoogste Bin prys op OVK veiling:
OVK BINS het weereens goed presteer. ‘n Baal CFFNK van 23.3 mikron en skoonopbrengs van 92% is verkoop vir R820.10/kg. Die produsente in hierdie lot was: JG Visser, Waterkrans Trust, PK Steynberg, Deo Gloria Landgoed (EDMS) BPK, PF Webber, Lusernvlei Boerdery(Pty) Ltd, EJJ Visagie, Pierre van Schalkwyk Trust, NM Dodds, Desert Fibre Company (Pty) Ltd en CB Blom. Die koper was VBC.
Die hoogste Produsente baal op die OVK en Openbare veiling:
OVK behaal ‘n wêreldrekord prys van R1220.00/kg vir ‘n baal BSFFK van 22.1 mikron met 'n skoonopbrengs van 94.8%. Die produsent is PF Webber van Albany. Die koper was Standard Wool. OVK is trots op ons produsente en dankbaar vir hul lojale ondersteuning
MARKVOORUITSIGTE
Die vyfde veiling van die 2026 somerseisoen is geskeduleer vir 21 April 2026.
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 50 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARK ANALYSIS
WORLD RECORD PRICE!!! R1220.00/KG
The fourth sale of the 2026 summer season took place in Port Elizabeth on 31 March 2026, with 156,849 kg on offer, of which 96% was sold. The offering consisted of good-quality mohair, with 84% of the mohair on offer being RMS-certified. There was strong competition during the auction today, with all buyers actively competing for the mohair on offer, especially for the finer segments of the market. The average market indicator did decrease by 1% though, from the previous sale, closing at R403.86 p/kg.
A new world and season record price on a Public auction of R1220.00/kg was achieved today for a super style BSFFK bale of Paul Webber from Albany! Congratulations on this achievement.
The highest Bin price on OVK auction
OVK BINs once again achieved good prices with the highest BIN price for a CFFNK bale of 23.3 micron and a yield of 92%. This bale was sold for R820.10/kg. The producers associated with this BIN were: G Visser, Waterkrans Trust, PK Steynberg, Deo Gloria Landgoed (EDMS) BPK, PF Webber, Lusernvlei Boerdery(Pty) Ltd, EJJ Visagie, Pierre van Schalkwyk Trust, NM Dodds, Desert Fibre Company (Pty) Ltd en CB Blom. The buyer was VBC.
The highest Producer bale on OVK and Public auction:
OVK achieved a world record price of R1220.00/kg for a BSFFK bale of 22.1 micron and a yield of 94.8%. The producer is PF Webber of Albany. The buyer was Standard Wool. OVK is proud of their producers and thankful for their loyal support.
MARKET OUTLOOK
The fifth sale of the 2026 summer season is scheduled for 21 April 2026
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 50 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.