OVK se grondvlak verteenwoordiging in die veld is sodanig versprei om al die belangrike veeboerdery streke in Suid-Afrika te bedien. Dit vorm die kruks van die maatskappy se onge-ewenaarde infrastruktuur ten einde die beste ondersteunings-dienste aan veeboere te kan voorsien.
OVK het 'n totaal van 90 tegniese veld-beamptes en lewendehawe verteenwoordigers regoor die land in diens. Hulle voorsien 'n verskeidenheid dienste om aan al die behoeftes van OVK se kliente te voldoen. Dit behels algemene produksie-advies, stoetdienste (ram aankope), kudde-klassering, skeerhok besoeke, skeersel voorbereiding en akkreditasie, asook die ko-ordinasie van vervoer en die verspreiding van relevante mark inligting. Hul omvangryke kennis van boerdery-sake, jare se gespesialiseerde ondervinding in hul veld van vakkennis en, les bes, hul algemene bedrewenheid is tot u beskikking. Maak gebruik daarvan tot u voordeel ..soos talle veeboere van kan getuig!
Kopiereg © 2025 Alle Regte Voorbehou.
Ontwikkel deur Digital Platforms
Sun | Mon | Tue | Wed | Thu | Fri | Sat |
---|---|---|---|---|---|---|
29 | 30 | 1 | 2 | 3 | 4 | 5 |
6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 | 12 |
13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 | 19 |
20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 | 26 |
27 | 28 | 29 | 30 | 31 | 1 | 2 |