NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S02- 2024

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S02- 2024

geplaas op Wo., 06 Mrt. 2024

Die 2de Sybokhaar Veiling van die Somerseisoen 2024 op 5 Maart by OVK. OVK het die dag afgesluit met die hoogste Bin-prys van R780/kg vir 'n 22.9 mikron.

MARKANALISE

Die tweede veiling van die somerseisoen het op 5 Maart 2024 in Port Elizabeth plaasgevind, met ‘n aanbod van 174 419kg waarvan 99% verkoop is. Die aanbod het uit goeie kwaliteit sybokhaar bestaan waarvan individuele skeersels uitstekende resultate gelewer het. Kopers het aktief meegeding vir die goeie kwaliteit sybokhaar op aanbod. 84% van die aanbod was RMS gesertifiseerde sybokhaar en die segment het die beste resultate gelewer. Die positiewe aanvraag het die mark met 6% laat styg in vergelyking met die vorige veiling, om te sluit op R395.61/kg. OVK markaanwyser sluit op R400.65/kg wat hoër is as die nasionale markaanwyser. Die hoogste skeersel gemiddeld by OVK was CJJ van Heerden van Murraysburg met ‘n skeersel gemiddeld van R506.23/kg.

Die hoogste Bin prys op OVK en openbare veiling:

OVK Bins het weereens goeie resultate opgelewer met die hoogste Bin prys van R780/kg op die openbare veiling. Die produsente in hierdie lot was: HG Nash, Rynheath Trust, Die SCB Trust, WJ du Toit, WC Strydom, Lumachri Boerdery (PTY) LTD en JA Gouws. Die koper was Stucken & Co.

Die hoogste Produsente baal op die OVK veiling:

WC Strydom van Willowmore het ‘n baal BSFFK van 22.9 mikron verkoop vir R795.10/kg. Dit was die hoogste produsente prys op die OVK veiling. Die koper was SAMIL PTY LTD.

 

MARKVOORUITSIGTE

Die derde veiling van die 2024 somer seisoen vind plaas op die 19de Maart 2024. Pryse behoort teen huidige vlakke te verhandel. So berig Gerrit van Heerden, Bokhaar Bestuurder. Kontak hom by 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The second auction of the summer season took place on March 5, 2024, in Port Elizabeth, with an offering of 174 419kg, of which 99% was sold. The offering consisted of high-quality mohair, with individual clips delivering excellent results. Buyers actively competed for the good-quality mohair on offer. 84% of the offering was RMS certified, and this segment generated the best results. Positive demand increased the market by 6% compared to the previous auction, closing at R395.61/kg. The OVK market indicator closed at R400.65/kg which is higher than the national market indicator. The highest clip average at OVK was CJJ van Heerden from Murraysburg, with an average clip price of R506.23/kg.

The highest Bin price at OVK and public auction:

OVK Bins showcased impressive results, achieving the top bin price of R780/kg at the public auction. The producers in this lot were HG Nash, Rynheath Trust, Die SCB Trust, WJ du Toit, WC Strydom, Lumachri Boerdery (PTY) LTD, and JA Gouws. The buyer was Stucken & Co.

The highest Producer bale at the OVK auction:

WC Strydom from Willowmore sold a bale BSFFK of 22.9 microns for R795.10/kg. This was the highest producer price at the OVK auction. The buyer was SAMIL PTY LTD.

MARKET OUTLOOK

The third auction of the 2024 summer season will take place on the 19th of March 2024. Prices are expected to trade at current levels. So reports Gerrit van Heerden, Mohair Manager. Contact him at 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



MEER NUUS ARTIKELS

VERWANTE ARTIKELS

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S04 - 2024


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S03 - 2024


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S01 - 2024


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W14 - 2023


Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer