SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W11 - 2025

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W11 - 2025

geplaas op 08:52 (GMT+2) Wo., 10 Sep. 2025

Die hoogste prys vir die dag was behaal deur DH Schoeman van Oudtshoorn vir ‘n uitskieter BSFFK baal van 23.7 mikron wat verkoop is teen R780.10/kg.

MARKANALISE

Die tweede veiling van die 2025 winterseisoen het op 9 September 2025 plaasgevind, met 193 894kg op aanbod, waarvan 97% van die hand gesit is. Dit was die grootste veiling van die 2025 winterseisoen waarvan 86% van hierdie hoë kwaliteit aanbieding RMS gesertifiseer was. Meeste kopershuise het aktief tydens die veiling meegeding en dit het ‘n positiewe impak op alle segmente van die mark gehad. Die gemiddelde mark aanwyser het gesluit op R317.11/kg wat 3% hoër is teenoor die vorige veiling.


Die hoogste BIN prys op OVK veiling:

OVK BINS het goed verkoop met ‘n hoogste prys van R729.00/kg vir ‘n BSFFK baal van 25.1 mikron wat behaal is deur die volgende produsente: PS Hayward en New Years Drift Enterprises . Die koper was Stucken & Co.


Die hoogste Produsente baal op die OVK en Openbare veiling:

Die hoogste prys vir die dag was behaal deur DH Schoeman van Oudtshoorn vir ‘n uitskieter BSFFK baal van 23.7 mikron wat verkoop is teen R780.10/kg. Hierdie is dan ook ‘n nuwe seisoen rekord prys. Dit is ook merkwaardig dat van sy ander bale vir onderskeidelik R749.10/kg en R728.00/kg verkoop is. VBC was die koper vir al drie bale.

OVK is trots op ons produsente en waardeer hul lojale ondersteuning.


MARKVOORUITSIGTE

Die derde veiling van die 2025 winterseisoen vind plaas op 30 September 2025. Die volgende veiling behoort steeds onder druk te wees a.g.v. hoë volume sybokhaar wat aangebied moet word.  So berig Gerrit van Heerden, Bokhaar Bestuurder. Kontak hom by 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The second auction of the 2025 winter season took place on 9 September 2025, with 193 894 kg on offer, of which 97% was sold. This was the largest auction of the 2025 winter season, with 86% of this high-quality offering RMS certified. Most buyers competed actively during the auction, which had a positive impact on all segments of the market. The average market indicator closed at R317.11/kg, which is 3% higher compared to the previous auction.


The highest BIN price at OVK auction:

OVK BINs sold well, with the highest price reaching R729.00/kg for a BSFFK bale of 25.1 micron, achieved by the following producers: PS Hayward and New Years Drift Enterprises. The buyer was Stucken & Co .


The highest Producer bale at the OVK and Public auction:

The highest price of the day was achieved by DH Schoeman from Oudtshoorn for an exceptional BSFFK bale of 23.7 micron, which sold at R780.10/kg. This is also a new season record price. Remarkably, some of his other bales sold for R749.10/kg and R728.00/kg respectively. VBC was the buyer for all three bales.

OVK is proud of our producers and value their loyal support.


MARKET OUTLOOK

The third auction of the 2025 winter season will take place on the 30th September 2025. The upcoming auction is expected to remain under pressure due to the high volume of mohair that will be offered. So reports Gerrit van Heerden, Mohair Manager. Contact him on 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende