MARKANALISE
Op wolveiling CF25, het die Cape Wools Merino aanwyser met 0.1% gestyg vir alle-merino wol en met 0.7% vir gesertifiseerde wol gestyg, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R184.17/kg en R188.25/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 1845 bale aangebied, waarvan 97.89% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R161.10/kg (skoon prys: R211.78/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot BBMY van 18.2 mikron, uit die skeersel van EDCOT Trust, vanuit die Stutterheim distrik. Die koper was VBC Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 37.5 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CF25, the Cape Wools Merino indicator gained by 0.1% for all-merino wool, and also gained by 0.7% for certified wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R184.17/kg and R188.25/kg, respectively. On the OVK auction 1845 bales were offered, of which 97.89% was sold. The highest price on the OVK auction, of R161.10/kg (clean price: R211.78/kg), was achieved for a 1-bale lot BBMY of 18.2microns, from the clip of EDCOT Trust, from the Stutterheim district. The buyer was VBC Wool SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 37.5 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.