SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W15 - 2024

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W15 - 2024

geplaas op 07:30 (GMT+2) Wo., 20 Nov. 2024

Die sesde veiling van die 2024 Winterseisoen!!

MARKANALISE

Die sesde veiling van die 2024 winterseisoen het op 19 November 2024 in Port Elizabeth plaasgevind, met 118 822kg op aanbod, waarvan 89% van die hand gesit is. 93% van die aanbieding was RMS gesertifiseerd. Die Rand het 3.5% verswak teenoor die Amerikaanse Dollar in vergelyking met die vorige veiling. Die gemiddelde mark aanwyser het gesluit op R336.15/kg wat 1% laer is as die vorige veiling.

Die hoogste Bin prys op OVK veiling:

Die mark tendens was sigbaar tydens die verkope van die bins en die hoogste bin op die OVK veiling is verhandel teen slegs R630/kg vir ‘n baal BSFFK van 24.5 mikron. Die produsente in hierdie bin was Highlands Organics (PTY) LTD, Desert Fibre Company (PTY) LTD, Peter Gowar Farms CC, Hobsons Dale CC & LP Fourie. Die koper was Stucken & Co.

Die hoogste Produsente baal op die OVK veiling en openbare veiling:

‘n Uitblinker baal van FEC Farming (PTY) LTD het gesorg vir die hoogtepunt van die dag. Hierdie uitsonderlike CSFFK baal van 24.9 mikron is verhandel teen R800/kg en verkoop aan VBC. Ons is trots op ons produsente en waardeer hul lojale ondersteuning.

MARKVOORUITSIGTE

Die sewende veiling van die 2024 winterseisoen vind plaas op die 3de Desember 2024. So berig Gerrit van Heerden, Bokhaar Bestuurder. Kontak hom by 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The sixth auction of the 2024 winter season took place on 19 November 2024, in Port Elizabeth, with 118,822 kg on offer, of which 89% was sold. 93% of the offering was RMS certified. The Rand weakened with 3.5% against the US Dollar compared to the previous auction. The average market indicator closed at R336.15/kg, which is 1% lower than the previous auction.

Highest Bin Price at OVK Auction: 

The market trend was evident during the sale of the bins, with the highest bin at the OVK auction being sold for only R630/kg. This was a BSFFK bale of 24.5 micron. The producers in this bin were Highlands Organics (PTY) LTD, Desert Fibre Company (PTY) LTD, Peter Gowar Farms CC, Hobsons Dale CC and LP Fourie. The buyer was Stucken & Co.

Highest Producer Bale at the OVK Auction and Public Auction: 

An outstanding bale from FEC Farming (PTY) LTD marked the highlight of the day. This exceptional CSFFK bale of 24.9 micron was sold for R800/kg and was sold to VBC. We are proud of our producers and value their loyal support.


 MARKET OUTLOOK

The seventh auction of the 2024 winter season will take place on 3 December 2024. So reports Gerrit van Heerden, Mohair Manager. Contact him on 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

OVK Weighbridge, 18 June 2020...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer