WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB07_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB07_2021

geplaas op 17:08 (GMT+2) Wo., 29 Sep. 2021

Cape Wools Merino aanwyser daal met 1.0% en 96.1% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator decreases by 1.0% and 96.1% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 7de wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 29 September plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 1.0% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R167.57/kg gesluit. Die Australiese EMI het egter met 2.3% verswak teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 0.2% sterker verhandel teen die VSA Doller en het ook 0.3% versterk teen die Euro. Ten spyte van die verswakking in die mark, was die grootste beweging op hierdie veiling in die 22.0 mikron segment, wat met 4.3% versterk het. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Tianyu SA, Lempriere SA en  G. Modiano SA. Daar is in totaal 5 843 bale aangebied, waarvan 96.1% verkoop is.

Op die OVK veiling is 1 943 bale aangebied waarvan 92.0% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R191.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CF van 17.8 mikron, uit die skeersel van Duiker Boerdery, uit die Bredasdorp distrik. Die koper was Standard Wool SA . Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die Suid-Afrikaanse wolmark se afname kan grootliks toegeskryf word aan die verswakking in die Australiese wolmark. Nie-gesertifiseerde wol het onder druk verkeer en dit  gaan moontlik in die kort termyn so bly. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 8.7% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen. Een van die redes vir die laer ontvangstes, kan steeds die gevolg wees van die erge koue wat die afgelope weke ondervind is in groot produksiegebiede en skeertye dus aangepas moes word.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Ons nooi weereens produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses, want naspeurbaarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Die volgende veiling is dan geskeduleer vir 06 Oktober 2021.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 7th wool auction of the 2021/2022 season, took place on 29 September. The Cape Wools Merino indicator traded 1.0% lower, compared to the previous sale and closed at a clean price of R167.57/kg. The Australian EMI, also decreased by 2.3%, compared to the previous sale. The Rand traded 0.2% higher against the US Dollar and also gained 0.3% to the Euro, compared to the previous auction. Despite the decrease in the overall market this week, the largest movement on this auction was in the 22.0 micron segment, which increased by 4.3%. Standard Wool SA was the major buyer on this auction, followed by Tianyu SA, Lempriere SA and G. Modiano SA. A total of 5 843 bales were on offer, of which 96.1% was sold.

On the OVK auction 1 943 bales were offered, of which 92.0% was sold. The highest price on the OVK auction, of R191.00/kg, was achieved for a 1 bale lot CF of 17.8 microns, from the clip of Duiker Boerdery, in the Bredasdorp district. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement!

FORECAST

The decrease in the South African wool market can mainly be due to the weakening of the Australian wool market. Non-certified wool was under pressure and it will possibly continue in the short term. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 8.7% lower, compared to the same time of the previous season. One of the main reasons for the low receivals, could be due to the recent extremely cold conditions that was experienced in large production areas, which forced farmers to reschedule shearing times.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and saw healthy competition amongst buyers. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process, because traceability is a future tendency, that came to stay. The next auction is scheduled for 06 October 2021.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOLMARKET REPORT CE23...


Lees Meer