MARKANALISE
Op wolveiling CF12, het die Cape Wools Merino aanwyser met 2.9% vir alle-merino wol verbeter en met 3.0% vir gesertifiseerde wol verhoog, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R164.30/kg en R166.88/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 2284 bale aangebied, waarvan 98.82% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R160.00/kg (skoon prys: R220.26/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot CL van 15.9 mikron, uit die skeersel van CJ Scheepers, vanuit die Trompsburg distrik. Die koper was Standard Wool. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CF12, the Cape Wools Merino indicator increased by 2.9% for all-merino wool, and increased by 3.0% for certified wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R164.30/kg and R166.88/kg, respectively. On the OVK auction 2284 bales were offered, of which 98.82% was sold. The highest price on the OVK auction, of R160.00 (clean price: R220.26/kg), was achieved for a 1 bale lot CL of 15.9 microns, from the clip of CJ Scheepers, from the Trompsburg district. The buyer was Standard Wool. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees