WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT
4 OKTOBER / OCTOBER 2023
MARKANALISE
Op wolveiling CE07, het die Cape Wools Merino aanwyser met 0.7% vir nie-RWS wol en met 0.2% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R152.71/kg en R167.36/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 1216 bale aangebied, waarvan 90.87% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R200.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BFH van 16 mikron, uit die skeersel van BA Burger, vanuit die Cathcart distrik. Die koper was Modiano SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 16 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CE07, the Cape Wools Merino indicator decreased by 0.7% for non-RWS and 0.2% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R152.71/kg and R167.36/kg, respectively. On the OVK auction 1216 bales were offered, of which 90.87% was sold. The highest price on the OVK auction, of R200.00/kg, was achieved for a 1 bale lot BFH of 16 microns, from the clip of BA Burger, from the Cathcart district. The buyer was Modiano SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 16 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees