WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB17_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB17_2021

geplaas op 19:41 (GMT+2) Wo., 12 Jan. 2022

Cape Wools Merino aanwyser daal met 1.7% en 94.8% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator decreases by 1.7% and 94.8% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 17de wolveiling van die 2021/2022 seisoen en die 1ste van 2022, het op 12 Januarie plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 1.7% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R172.35/kg gesluit.  Die Australiese EMI het egter met 1.6% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 2.6% sterker verhandel teen die VSA Doller, en ook 2.7% veld gewen teen die Euro. Die grootste verandering die week, was in die 22.0 mikron segment, met 'n styging van 5.7%.  Lempriere SA  het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur G. Modiano SA, Standard Wool SA en Stucken & Co.  Daar is in totaal 10 597 bale aangebied, waarvan 94.8% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3 094 bale aangebied, waarvan 91.1% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R188.10/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot AH  van 17.7 mikron, uit die skeersel van TL Blom, vanuit die Bredasdorp distrik. Die koper was Segard Masurel SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die Suid-Afrikaanse wolmark presteer steeds bestendig, wat belowend lyk vir die res van die seisoen. Die wisselkoers van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede, speel egter 'n groot rol tans en is die grootste rede vir die daling op hierdie veiling. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 14.3% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.  Die grootste oorsaak hiervoor, blyk steeds die nadraai van die langdurige droogte, van die afgelope paar jaar te wees.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling. Gesertifiseerde wol het ook weereens beter presteer as die mark gemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses, want naspeurbaarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Die volgende veiling is geskeduleer vir 19 Januarie 2022.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 17th wool auction of the 2021/2022 season and the first for 2022, took place on 12 January. The Cape Wools Merino indicator decreased by 1.7%, compared to the previous sale and closed at a clean price of R172.35/kg.  The Australian EMI increased by 1.6% though, compared to the previous sale. The Rand traded 2.6% stronger against the US Dollar and also gained 2.7% to the Euro, compared to the previous auction. The largest movement on this auction, was an increase of 5.7%, in the 22.0 micron segment. Lempriere SA was the major buyer on this auction, followed by G. Modiano SA, Standard Wool SA and Stucken & Co. A total of 10 597 bales were on offer, of which 94.8% was sold.

On the OVK auction 3 094 bales were offered, of which 91.1% was sold. The highest price on the OVK auction, of R188.10/kg, was achieved for a 1 bale lot AH of 17.7 microns, from the clip of TL Blom, from the Bredasdorp district. The buyer was Segard Masurel. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The South-African wool market remains generally unchanged, which is a positive sign for the rest of the season to come. The exchange rate of the Rand against the most important currencies, plays a significant role currently and was the main reason for the decrease on this auction. The receival of wool in the brokers’ stores this week, is 14.3% lower, compared to the same time of the previous season. The main cause for this, might still be an aftermath of the long-term draught, of the past few years.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction. Certified wool outperformed the market average, resulted in healthy competition amongst buyers. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process, because traceability is a future tendency, that came to stay. The next auction is scheduled for 19 January 2022.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

OVK Weighbridge 31October 2018...


Lees Meer

OVK Weighbridge 24 October 2018...


Lees Meer

OVK Weighbridge 17 October 2018...


Lees Meer

Weekly State of Reservoirs in SA October ......


Lees Meer

OVK Weighbridge 10 October 2018...


Lees Meer

OVK Weighbridge 25 September 2018...


Lees Meer

OVK Weighbridge 18 September 2018...


Lees Meer

OVK Weighbridge 5 September 2018...


Lees Meer