Oor OVK

Lees Meer Oor Ons

OVK verteenwoordig en verskaf die volgende dienste en goedere:

-  Alle boerderybenodigdhede vir saai- en veeboerdery (53 Handelstakke);
-  Versekeringsdienste: Oesversekering en Korttermynversekering;
-  Handelaars van Fendt, Claas, Massey Ferguson, Challenger, en Toyota;
-  Kliëntefinansieringsdienste;
-  Handelaars in koring, mielies, sonneblom, droë bone en lusern;
-  Vervaardig topgehalte mieliemeelprodukte (OVK Super, Blackball en Power);
-  OVK bedryf ses bandesentrums: Ficksburg, Ladybrand, Burgersdorp, Hopetown, Zastron en Dewetsdorp;
-  Bedryf vyf brandstofverspreidingspunte (Total, Quest en Engen);
-  Besit en bedryf Gariep Abattoir (Strydenburg);
-  Landbouvoorligting;
-  Wol- en bokhaarverhandeling

-  Lewende Hawe:  Produksieveilings, uit die hand-transaksies asook weeklikse- en maandelikse veilings;
-  Skeerdienste
-  Tegniese velddienste.

Kliënte-omvang:
Ongeveer 12 000 boere-aandeelhouers. Taalvoorkeure: sowat 85% Afrikaans, 15% Engels.

Ander besonderhede:

Gebied is sterk gediversifiseerd: Hoë potensiaal akkerbou, naamlik mielies, koring, sonneblomme, droë bone, ook aspersie-, kersie-, vrugte- en groenteverbouing / aangeplante weidings / natuurlike grasveld-weidings / wolskaap en vleisskaapboerderye / suiwel-en vleisbeesboerderye / perdeboerderye, neuteplantasies en volstruisboerderye kom voor. Die besproeiingsgebiede van die Visriviervallei en ook besproeiing langs die Caledon-, Kraai-en Oranjeriviere lewer stewige oeste van lusern, mielies en koring;

Uitstaande toerismegebied. Die sandklipgebied in die Oos Vrystaat en Oos Kaap is asemrowend mooi, suidwaarts afgewissel met pragtige dolerietrante en korter gras- en gemengde gras- & bossievelde van die Suid Vrystaat en Oos Kaap. Verder suid- en weswaarts omsluit OVK 'n stuk pragtige Karoo-gebied met 'n eiesoortige skoonheid;

Gebied omsluit prominente Suid-Afrikaanse-damme: Gariepdam en Vanderkloofdam (in Oranje), Knellpoortdam en Welbedachtdamme (langs en in die Caledon), Kalkfonteindam (in die Rietriver in Fauresmith), Egmontdam (Zastron), Armeniadam (in die Leeurivier, Ladybrand), Allemanskraaldam (in die Sandrivier, deels in die distrikte Winburg ,Ventersburg en Senekal) en Erfenisdam (aan die noord-ooste gekoppel aan Winburg-distrik);

OVK se diensgebied is in vier provinsies, Vrystaat, Oos Kaap en Noord Kaap en Noord-Wes. Drie-en-vyftig handelstakkke, van Wesselsbron in die noorde tot Port Elizabeth in die suide, Prieska in die weste en Elliot in die ooste word bedryf.

Opsomming:

Die hoë potensiaal van die gebied en sy boere, en die gediversifiseerdheid van sy bedryfsvertakkinge, maak OVK 'n prominente rolspeler op verskeie terreine van die RSA-ekonomie en van dié van die Vrystaat, Oos-Kaap, Noord-Kaap en Noord-Wes in besonder.

Nuuste nuus en gebeure/Latest news and events


Nuuste nuus en gebeure/Latest news and events

Lees Meer

Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer