WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT
27 MAART / MARCH 2024
MARKANALISE
Op wolveiling CE27, het die Cape Wools Merino aanwyser met 1.3% vir nie-RWS wol en met 1.2% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R149.11/kg en R166.79/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 2207 bale aangebied, waarvan 95.56% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R155.00/kg (skoon prys: R216.33/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot DL van 15.9 mikron, uit die skeersel van JF Deyzel, vanuit die Reitz distrik. Die koper was Standard Wools SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CE27, the Cape Wools Merino indicator eased by 1.3% for non-RWS and 1.2% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R149.11/kg and R166.79/kg, respectively. On the OVK auction 2207 bales were offered, of which 95.56% was sold. The highest price on the OVK auction, of R155.00/kg (clean price: R216.33/kg), was achieved for a 1 bale lot DL of 15.9 microns, from the clip of JF Deyzel , from the Reitz district. The buyer was Standard Wools SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.