NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB13_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB13_2021

geplaas op Wo., 10 Nov. 2021

Cape Wools Merino aanwyser daal met 3.8% en 95.6% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 3.8% and 95.6% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 13de wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 10 November plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 3.8% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R167.20/kg gesluit.  Die Australiese EMI het ook met 1.6% gedaal teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 1.7% sterker verhandel teen die VSA Doller en ook 1.9% versterk teen die Euro. Die grootste verandering die week, was in die 22.5 mikron segment, met 'n styging van 9.1%. G. Modiano SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, Standard Wool SA en Tianyu SA. Daar is in totaal 9 083 bale aangebied, waarvan 95.6% verkoop is.

Op die OVK veiling is 1 757 bale aangebied, waarvan 96.0% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R196.20/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot DL van 17.1 mikron, uit die skeersel van Die Groenewald Testamentêre Trust van die Caledon distrik. Die koper was Stucken & Co. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die verswakking in die Suid-Afrikaanse wolmark kan toegeskryf word aan die verswakking in die Australiese wolmark, asook die versterking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 13.3% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en ver beter presteer as die mark gemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehed het. Ons nooi weereens produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses, want naspeurbaarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Die volgende veiling is geskeduleer vir 17 November 2021, waar sowat 12 146 bale aangebied sal word. Die laaste veiling van 2021, vind op 1 Desember 2021. Dit sal vir katalogus CB16 wees.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 13th wool auction of the 2021/2022 season, took place on 10 November. The Cape Wools Merino indicator traded 3.8% lower, compared to the previous sale and closed at a clean price of R167.20/kg.  The Australian EMI also decreased by 1.6%, compared to the previous sale. The Rand traded 1.7% stronger against the US Dollar and also gained 1.9% to the Euro, compared to the previous auction. The largest movement on this auction, was an increase of 9.1%, in the 22.5 micron segment. G. Modiano SA was the major buyer on this auction, followed by Lempriere SA, Standard Wool SA and Tianyu SA. A total of 9 083 bales were on offer, of which 95.6% was sold.

On the OVK auction 1 757 bales were offered, of which 96.0% was sold. The highest price on the OVK auction, of R196.20/kg, was achieved for a 2 bale lot DL of 17.1 microns, from the clip of Die Groenewald Testamentêre Trust, from the Caledon district. The buyer was Stucken & Co. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The decrease in the South African wool market, can mainly be attributed to the decrease of the Australian wool market and the strengthening of the Rand against the most influential currencies. The receival of wool in the brokers’ stores this week, is 13.3% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and outperformed the market, with healthy competition amongst buyers. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process, because traceability is a future tendency, that came to stay.  The next auction is scheduled for 17 November 2021, where approximately 12 146 bales will be on offer. The last auction of 2021, will be on 1 December 2021. That will be of catalogue CB16.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer