NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W2112 - 2021

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W2112 - 2021

geplaas op Wo., 29 Sep. 2021

OVK hoogste gemiddeld vir die 3de Sybokhaarveiling van die Winter 2021 seisoen! / OVK has the highest average on the third Mohair auction of the Winter 2021 season!

MARKANALISE

Die 3de Sybokhaarveiling van die 2021 Winter seisoen het vandag op die 28ste September 2021 plaasgevind te Port-Elizabeth. Op die veiling was 72% van die bokhaar RMS-gesertifiseerd. Alhoewel die pryse vir fyner bokhaar steeds goed was, is daar weerstand teen pryse wat druk op jongbokhaar en kleinbokkiehaar geplaas het. Laer skoonopbrengs het ook laer pryse te weeg gebring.

Kleinbokkiehaar daal met 9% met ‘n markaanwyser van R679.16/kg en 87% is verkoop. Jongbokhaar daal met 3% met ‘n markaanwyser van R480.87/kg en 97% is verkoop. Fyngrootbokhaar was onveranderd met ‘n markaanwyser van R402.52/kg en 99% is verkoop. Sterk grootbokhaar was ook onveranderd met ‘n markaanwyser van R331.28/kg en 99% is verkoop. Die gemiddelde markaanwyser het gedaal met 5% en die veiling is gesluit op ‘n markaanwyser van R398.58/kg.

Daar is ‘n total van 95% van die bokhaar op die veiling verkoop. OVK se markaanwyser het gesluit op R453.23/kg en was weereens hoër as die Nasionale Markaanwyser van R398.58/kg. OVK se hoogste skeersel volledige gemidddeld was R551.33/kg vir CM Barry Testamentere Trust van Calitzdorp. Die  hoogste prys vir Winter Kleinbokkiehaar is behaal deur McEwan Farms (PTY) Ltd van Tarkastad vir twee bale BSFFK van 25.9 mikron en skoonopbrengs van 87.9 %. Die bale is verkoop teen R800/kg en New England Wool SA was die koper. OVK bins het weereens baie goed verkoop, met die hoogste prys van R790/kg. Dit is ook die hoogste bin prys vir die dag op die veiling. OVK is trots op sy kliënte en waardeer hulle ondersteuning en  vertroue.

 

MARKVOORUITSIGTE

Die 4de veiling van die Winterseisoen 2021 vind plaas op die 19de Oktober2021 te Port-Elizabeth, waar pryse op die huidige vlakke behoort te beweeg, met moontlike druk op sekere tipes bokhaar. So berig deur Gerrit van Heerden, OVK Sybokhaarbestuurder.


OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSIS

The 3rd Mohair auction of the Winter 2021 season took place today on the 28th of September 2021 in Port Elizabeth. At the auction, 72% of the mohair was RMS certified. Although the prices for finer mohair were still good, there is resistance to prices that puts pressure on young goat and kid mohair. Lower clean yields also led to lower prices.

Kid mohair decreased by 9% with a market indicator of R679.16 / kg and 87% was sold. Young goat mohair decreased by 3% with a market indicator of R480.87 / kg and 97% was sold. Fine adult mohair was unchanged with a market indicator of R402.52 / kg and 99% was sold. Strong adult mohair was also unchanged with a market indicator of R331.28 / kg and 99% was sold. The average market indicator decreased by 5% and the auction closed at a market indicator of R398.58 / kg. A total of 95% of the mohair was sold at the auction. OVKs market indicator closed at R453.23 / kg and was once again higher than the National Market Indicator of R398.58 / kg.

OVKs highest complete clip average was R551.33 / kg for CM Barry Testamentere Trust of Calitzdorp. The highest price for Winter Kid mohair was achieved by McEwan Farms (PTY) Ltd of Tarkastad for two bales of BSFFK of 25.9 microns and a clean yield of 87.9%. The bales were sold at R800 / kg and New England Wool SA was the buyer. OVK bins once again sold very well, with the highest price of R790 / kg. This is also the highest bin price for the day at the auction. OVK is proud of its producers and appreciates their support and trust.

 

MARKET OUTLOOK

The 4th auction of the Winter 2021 season will take place on the 19th of October2021 in Port Elizabeth, prices should stabilize on current levels, with possible pressure on certain types of mohair. So reported by Gerrit van Heerden, OVK Mohair Manager. 0828548604


OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer