NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA10_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA10_2020

geplaas op Wo., 21 Okt. 2020

Cape Wools Merino aanwyser styg met 1.7% / Cape Wools Merino indicator increases by 1.7%

MARKANALISE

Die 10de wolveiling van die 2020/21 wolseisoen het hierdie week, op 21 Oktober plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 1.7% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R148.82/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 9.1% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmende tyd van die vorige veiling, 0.8% sterker verhandel teen die VSA Dollar en 0.2% verswak teenoor die Euro. Die grootste styging van 2.9%, was in die 18 mikron segment. G.Modiano SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Standard Wool SA, Tianyu SA en Lempriere SA. Daar is in totaal 7011 bale aangebied, waarvan 91.3% verkoop is.

Op die OVK veiling is 2569 bale aangebied waarvan 94.1% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R167.00/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CH van 16.4 mikron, uit die skeersel van die Brummer Boerdery, Ventersburg. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Daar heers redelike onsekerheid oor die groot volumes wat nou aangebied gaan word, in beide Suid-Afrika en Australië, in die afsienbare toekoms. Die merkbare verskil in die twee markte se vertonings die week, is 'n bewys hiervan. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 2.9% laer vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers.  Produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 28 Oktober, waar sowat 10052 bale aangebied sal word.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSES

The 10th wool auction of the 2020/21 season took place this week on 21 October. The Cape Wools Merino indicator traded 1.7% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R148.82kg. The Australian EMI also increased by 9.1%, compared to the previous sale. Compared to the rate of the previous sale, the Rand traded 0.8% stronger against the US Dollar and 0.2% weaker to the Euro. The largest increase this week, of 2.9%, was in the 18 micron segment. G.Modiano SA was the major buyer on the auction this week, followed by Standard Wool SA, Tianyu SA and Lempriere SA. A total of 7011 bales were on offer, of which 91.3% was sold.

On the OVK auction 2569 bales were offered, of which 94.1% was sold. The highest price on the OVK auction, of R167.00/kg, was achieved for a 1 bale lot CH of 16.4 microns, from the clip of the Brummer Boerdery, Ventersburg. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

There is significant uncertainty about the bigger volumes that will be on offer, in both South-Africa and Australia, in the near future. The noticeable difference in the two markets' performance this week, is evidence of this. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 2.9% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, was in high demand on the auction and enjoyed healthy competition amongst the buyers. Producers have to take note of this and also accept that this is a future trend which has come to stay. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next wool auction is scheduled for 28 October where 10052 bales will be on offer.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Veilings

Veilings
Veilings
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus Maart  2024
OVK Nuus Maart 2024
Adverteer Hier Lees Meer