NUUTSTE NUUS

LEES GERUS ONS NUUTSTE NUUS
Jajola Veiling - Veilingsuitslag

Jajola Veiling - Veilingsuitslag

geplaas op Wo., 04 Sep. 2019

Jajola Boerdery het hul veiling op 3 September, buite Utrecht aangebied.

Jajola Boerdery het hul veiling op 3 September, buite Utrecht aangebied.

Die veiling het goeie resultate opgelewer. 8 Charolais Bulle is vir 'n gemiddelde prys van R37 187.50 verkoop, met bod van R55 00 wat op Henoch Investments van Bethal toegeslaan is.

19 Brahman Bulle was onder die hammer en gemiddelde prys van R32 421 is vir die bulle behaal. Floors Boshoff van Pretcron Boerdery (Bethal) het op 'n prys van R45 000 met die top Brahman bul weggeloop.

'n Gemiddelde prys van R31 812.50 is vir 24 Chabray Bulle behaal, met hoogste pry van R52 500.

Die bod van R42 500 is op Riekert Uys van Volksrust vir Droughtmaster Bul toegeslaan, gemiddelde prys R34 833.

Op die foto is Japie en Johan Landman (Jajola Boerdery, verkopers), PM Swart (OVK, afslaer), Rikert en Riana Uys (kopers van duurste Droughtmaster bul), Floors Boshoff (koper van duurste Brahman bul), Frans Duminy (OVK), Marthinus Christie (meeste bukke gekoop).


Deel met vriende    



Korporatiewe Video

OVK Korporatiewe Video 2019
OVK Korporatiewe Video 2019
Lees Meer

Dokumente

Nuutste Dokumente
Nuutste Dokumente
Lees Meer

Kalender

Kalender
Kalender
Lees Meer

OVK Nuus

OVK Nuus September 2019
OVK Nuus September 2019
Adverteer Hier Lees Meer