KLIEK HIER om die dokument te lees / af te laai
Die definisie van volhoubaarheid in verhouding met die gebruik van ’n natuurlike hulpbron, beteken dat die hulpbron só gebruik word dat:
Die mark vereis volhoubaarheid en naspeurbaarheid. Deur aan die mark se behoeftes te voldoen, kan dit tot moontlike premies vir produkte gelewer lei.
Die Textile Exchange (TE) is ‘n nie-winsgewende organisasie wat in 2002 ontstaan het en is verbind tot die verantwoordelike uitbreiding van tekstielvolhoubaarheid, regoor die globale tekstielwaardeketting. TE se HK is gesetel in die VSA, met personeel en kontrakteurs in agt verskillende lande. TE het verskillende standaarde ontwikkel vir die tekstielindustrie, ter ondersteuning van spesifieke vereistes.
Alhoewel daar verskeie erkende standaarde wêreldwyd is en ook onder TE resorteer, het OVK besluit op RWS, omdat dit die standaard is wat deur die meeste handelsmerke in die wolindustrie erken word. OVK is inderdaad gesertifiseer om produsente by te staan om RWS gesertifiseer te word.
Verlaag die risiko van handelsmerke, die voorsieningsketting en wolprodusente.
RMS word op sy beurt eersdaags uitgerol en bekendgestel aan die sybokhaarindustrie in Suid-Afrika. Dit is gebaseer op die beginsels van RWS en sal sybokhaarprodusente in staat stel om aan internasionale standaarde te voldoen, soos onderskryf deur die Textile Exchange, volgens die vereistes van handelsmerke van reg oor die wêreld.
OVK is inderdaad gerat om ook produsente by te staan en te lei om RMS gesertifiseer te word. Skakel gerus met die OVK veselkantoor in Port Elizabeth, of met u OVK Tegniese Veldbeampte vir verdere besonderhede en bystand.
OVK Veselkantoor - Port Elizabeth: 041 406 7500
Laai af: RWS & RMS.pdf
Hiermee 'n lys van dieregesondheidsprodukte (ektoparasiet middels) wat goedgekeur is vir die gebruik in sybokhaarproduksie, soos opgestel deur Dr. Mackie Hobson van SAMGA (South African Mohair Growers Association):
ectoparasiticide95809651 Makrosikliese Laktone.pdf
ectoparasiticide251123718 Groei-inhibeerders.pdf
ectoparasiticide353731984 Kombinasies.pdf
ectoparasiticide711739951 Piretroïede.pdf
ectoparasiticide1824599993 Formamidine.pdf
ectoparasiticide2010526643 Organofosfate.pdf
OVK Vesel: Wol & Bokhaar - internationale rolspeler