SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W10 - 2025

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W10 - 2025

geplaas op 08:13 (GMT+2) Wo., 20 Aug. 2025

Noorsveld Hoenders (Pty) Ltd of Jansenville achieved the highest producer bale price, selling a 23.4 micron BSFFK bale with a yield of 84.3% for R705.10/kg.

MARKANALISE

 Die eerste veiling van die 2025-winterseisoen het op 19 Augustus 2024 in Port Elizabeth plaasgevind, met ’n aanbod van 154 435 kg, waarvan 87% verkoop is.

Om die eerste veiling van die seisoen te kwoteer, is altyd uitdagend as gevolg van die groot variasie in samestelling van een seisoen na die volgende. Op hierdie veiling was die lengte van die sybokhaar ook korter as die norm. ’n Groot gedeelte van die aanbod het uit sterk Grootbokhaar bestaan wat mededinging tussen kopers gedemp en druk op die mark geplaas het. Onsekerheid is verder versterk deurdat die Europese mark nog gesluit was vir hul somervakansie. Gevolglik het die gemiddelde markaanwyser met 5% gedaal in vergelyking met die vorige somerseisoen-veiling, en gesluit op R307.87/kg.

Die hoogste Bin prys op OVK en openbare veiling:

OVK se BIN’s het goed gevaar, met die hoogste BIN-prys van R750/kg wat behaal is vir ’n 25.3 mikron BSFFK-baal. Hierdie BIN het bydraes van die volgende produsente ingesluit: CA Lategan, HJ Nel, Noorsveld Hoenders (Edms.) Bpk, Pierre van Schalkwyk Trust en Ansius Joubert Familie Trust. Die koper was VBC.

Die hoogste Produsente baal op die OVK en openbare veiling:

Noorsveld Hoenders (Edms.) Bpk van Jansenville het die hoogste prys behaal deur ’n 23.4 mikron BSFFK-baal met ’n skoonopbrengs van 84.3%, teen R705.10/kg te verkoop.

MARKVOORUITSIGTE

Die eerste veiling van die 202 winterseisoen vind plaas op die 19de Augustus 2025. Met ‘n groot volume Sybokhaar op die 1ste veiling sal pryse steeds onder druk wees. So berig Gerrit van Heerden, Bokhaar Bestuurder. Kontak hom by 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARK ANALYSIS

The first auction of the 2025 winter season took place on 19 August 2024 in Port Elizabeth, with 154 435 kg on offer, of which 87% was sold.

Quoting the first auction of the season is always challenging due to significant variation in composition from one season to the next. On this sale, the length of the mohair was also shorter than the norm. A large portion of the offering consisted of strong adult mohair, which dampened competition among buyers and placed downward pressure on the market. Uncertainty was further compounded by the European market still being closed for their summer holidays. As a result, the average market indicator decreased by 5% compared to the previous summer season auction, closing at R307.87/kg.

Highest Bin Price at OVK and Public Auction:

OVK bins performed well, with the highest BIN price of R750/kg achieved for a 25.3 micron BSFFK bale. This BIN included contributions from the following producers: CA Lategan, HJ Nel, Noorsveld Hoenders (Pty) Ltd, Pierre van Schalkwyk Trust, and Ansius Joubert Familie Trust. The buyer was VBC.

Highest Producer Bale at the OVK and Public Auction:

Noorsveld Hoenders (Pty) Ltd of Jansenville achieved the highest producer bale price, selling a 23.4 micron BSFFK bale with a yield of 84.3% for R705.10/kg.


 MARKET OUTLOOK

The first auction of the 2025 winter season will took place on the 19th of August 2025. With a large volume of mohair available at the first auction, prices will likely remain under pressure. So reports Gerrit van Heerden, Mohair Manager. Contact him on 082 854 8604.

 

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

Huidige stand van damme en klimaatinligting ......


Lees Meer

Koringkultivar Proef Resultate 2017...


Lees Meer

Graan Besigtigingstoer Februarie 2018...


Lees Meer

Graan Besigtigingsvlug 12 Januarie 2018...


Lees Meer

Seasonal Climate Watch...


Lees Meer

Hoekom ‘n Dekgewas?...


Lees Meer

Herfskommandowurm...


Lees Meer

Seisoenale Voorspelling...


Lees Meer