MARKANALISE
Die sesde veiling van die 2025 somer seisoen het op 27 Mei 2025 plaasgevind, met 'n totaal van 155 555 kg aangebied, waarvan 93% verkoop is. Die aanbod het uit hoë gehalte bokhaar bestaan, insluitend verskeie uitstaande individuele skeersels, wat sterk mededinging tussen kopers ontlok het, veral in die fyner mikronkategorieë. 84% van die aanbod was RMS-gesertifiseerde bokhaar , wat kopersvertroue en belangstelling verder versterk het. Ten spyte daarvan dat die Rand sterker teenoor die Dollar verhandel het, het die vraag na beter gehalte bokhaar daartoe gelei dat die gemiddelde markaanwyser met 1% gestyg het in vergelyking met die vorige veiling om op R373.66/kg te sluit. ’n Hoogtepunt van die veiling was ’n 23-mikron BSFFK baal van FEC Farming wat aanvanklik teen R900.10/kg onverkoop was. Hierdie baal is na afloop van die veiling in die veilingslokaal verkoop vir ’n nuwe seisoenrekord van R920.00/kg. Die rekord was later die middag geëwenaar.
Hoogste BIN prys op OVK en Openbare Veiling:
OVK BINS het hul kraglopie voortgesit. ‘n CSFFK baal van 23 mikron is verkoop vir R730.10/kg. Die produsente in hierdie lot was: Kenneth Biggs Trust, OD Hugo en Koringdal Boerdery Bedrywighede BK. Die koper was VBC.
Hoogste Produsente baal op OVK en Openbare Veiling:
FEC Farming van Willowmore het soos in die verlede puik presteer. Sy 23 mikron BSFFK baal, met n skoonopbrengs van 96.3% is verkoop vir R920.00/kg. Die koper was VBC.
MARKVOORUITSIGTE
Die laaste veiling van die 2025 somerseisoen vind plaas op die 10de Junie 2025.Gerrit van Heerden, Bokhaar Bestuurder. Kontak hom by 082 854 8604.
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 37.5 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET OUTLOOK
The sixth sale of the 2025 summer mohair season took place on 27 May 2025, with a total offering of 155 555 kg, of which 93% was sold. The offering comprised of high-quality mohair, including several outstanding individual clips, which drew strong competition among buyers, particularly in the finer micron categories. Notably, 84% of the offering was RMS-certified, further enhancing buyer interest and market confidence. Despite the Rand trading stronger against the US Dollar, demand for the better-quality mohair drove the average market indicator up by 1% compared to the previous sale, closing at R373.66/kg. A standout moment from the sale was a 23-micron BSFFK bale from FEC Farming, which was initially passed over at R900.10/kg. After the conclusion of the sale this bale was sold for a new season record of R920.00/kg, a record that was matched again later the afternoon.
Highest Bin Price at OVK and Public auction:
OVK BINS continued their strong performance. A 23-micron CSFFK bale was sold for R730.10/kg. The producers in this lot were Kenneth Biggs Trust, OD Hugo, and Koringdal Boerdery Bedrywighede BK. The buyer was VBC.
Highest Producer bale at the OVK and Public Auction:
FEC Farming of Willowmore once again delivered an exceptional performance. Their 23-micron BSFFK bale, boasting a clean yield of 96.3%, was sold for R920.00/kg. The buyer was VBC.
MARKET OUTLOOK
The last auction of the 2025 summer season will take place on the 10 June 2025. Gerrit van Heerden, Mohair Manager. Contact him on 082 854 8604.
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 37.5 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees