SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S03 - 2025

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S03 - 2025

geplaas op 10:04 (GMT+2) Wo., 26 Mrt. 2025

HOOGSTE BIN PRYS VIR DIE DAG. HIGHEST BIN PRICE FOR THE DAY.

MARKANALISE

Die 3de veiling van die 2025 somerseisoen het op 25 Maart plaasgevind, met 'n aanbod van 184 947 kg, waarvan 96% verkoop is. Die groot aanbod het goeie gehalte sybokhaar ingesluit, waarvan 90% RMS-gesertifiseerd was. Nie al die kopershuise was vandag aktief nie, wat druk op die sterker segment van die mark geplaas het. 

Die gemiddelde markaanwyser het onveranderd gebly vanaf die vorige veiling en op R377.01/kg gesluit.

Die hoogste Bin prys op OVK en openbare veiling:

OVK BINS het weer nie teleur gestel nie. ‘n Baal BSFFK van 23.2 mikron is verkoop vir R725.00/kg. Die produsente in hierdie lot was PC Marais, Metford Marx Familie Trust, JH Moolman en G janse van Rensburg. Die koper was VBC.

Die hoogste Produsente baal op OVK veiling:

AJ de Jager van Aberdeen het ‘n baal BSFFK van 23.5 mikron verkoop vir R700.10/kg. Die koper was VBC.

OVK is trots op ons produsente en waardeer hul lojale ondersteuning.

MARKVOORUITSIGTE

Die vierde veiling van die 2025 somer seisoen vind plaas op die 15de April 2025. Pryse behoort teen huidige vlakke te verhandel. So berig Gerrit van Heerden, Bokhaar Bestuurder. Kontak hom by 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The 3rd sale of the 2025 summer season took place in Port Elizabeth on 25 March, with 184 947 kg on offer of which 96% was sold.

The large offering consisted of some good quality mohair of which 90% has been RMS-certified. Not all the buyers houses was active at today's sale, which put some pressure on the stronger segment of the market. The average market indicator remained unchanged from the previous sale to close on R377.01/kg.

 The highest Bin price at OVK and public auction:

Once again, OVK BINS did not disappoint. A 23.2 micron, BSFFK bale sold for R725.00/kg. The producers in this lot were PC Marais, Metford Marx Familie Trust, JH Moolman, and G Janse van Rensburg. The buyer was VBC.

The highest Producer bale at the OVK auction:

AJ de Jager from Aberdeen sold a 23.5-micron BSFFK bale for R700.10/kg. The buyer was VBC. 

OVK is proud of our producers and appreciates their loyal support.

MARKET OUTLOOK

The fourth auction of the 2025 summer season will take place on the 15th of April 2025. Prices are expected to trade at current levels. This is reported by Gerrit van Heerden, Mohair Manager. Contact him at 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT : ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT : ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT : ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT : ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CF20...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer