MARKANALISE
Op wolveiling CF02, het die Cape Wools Merino aanwyser met 2% vir alle-merino wol gedaal en met 2% vir gesertifiseerde wol verswak, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R159.30/kg en R160.71/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 1377 bale aangebied, waarvan 94.12% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R153.00/kg (skoon prys: R237.54/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot DDL van 15.3 mikron, uit die skeersel van R3 Boerdery Trust, vanuit die Senekal distrik. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CF02, the Cape Wools Merino indicator decreased by 2% for all-merino wool, and eased by 2% for certified wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R159.30/kg and R160.71/kg, respectively. On the OVK auction 1377 bales were offered, of which 94.12% was sold. The highest price on the OVK auction, of R153.00kg (clean price: R237.54/kg), was achieved for a 1 bale lot DDL of 15.3 microns, from the clip of R3 Boerdery Trust, from the Senekal district. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees