MARKANALISE
Op wolveiling CE28, het die Cape Wools Merino aanwyser met 1.2% vir nie-RWS wol en met 0.9% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R147.35/kg en R165.25/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 2893 bale aangebied, waarvan 91.08% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R159/kg (skoon prys: R220.19/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot BFH van 16.5 mikron, uit die skeersel van PWB Uys Boerdery , vanuit die Wakkerstroom distrik. Die koper was G. Modiano SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CE28, the Cape Wools Merino indicator eased by 1.2% for non-RWS and 0.9% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R147.35/kg and R165.25/kg, respectively. On the OVK auction 2893 bales were offered, of which 91.08% was sold. The highest price on the OVK auction, of R159/kg (clean price: R220.19/kg), was achieved for a 1 bale lot BFH of 16.5 microns, from the clip of PWB Uys Boerdery , from the Wakkerstroom district. The buyer was G. Modiano SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees