WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT
14 FEBRUARIE / FEBRUARY 2024
MARKANALISE
Op wolveiling CE21, het die Cape Wools Merino aanwyser met 1.1% vir nie-RWS wol en met 1.3% vir RWS wol gestyg, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R150.59/kg en R170.76/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 3858 bale aangebied, waarvan 97.28% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R203.00/kg (skoon prys: R276.38/kg), is behaal vir ‘n 9 baal lot CFFY van 15.7 mikron, uit die skeersel van BP Greyling , vanuit die Wakkerstroom distrik. Die koper was Standard Wools SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 16 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CE21, the Cape Wools Merino indicator increased by 1.1% for non-RWS and 1.3% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R150.59/kg and R170.76/kg, respectively. On the OVK auction 3858 bales were offered, of which 97.28% was sold. The highest price on the OVK auction, of R203.00/kg (clean price: R276.38/kg), was achieved for a 9 bale lot CFFY of 15.7 microns, from the clip of BP Greyling , from the Wakkerstroom district. The buyer was Standard Wools SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 16 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees