WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT
7 FEBRUARIE / FEBRUARY 2024
MARKANALISE
Op wolveiling CE20, het die Cape Wools Merino aanwyser met 1.4% vir nie-RWS wol en met 2.3% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R148.99/kg en R168.65/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 4028 bale aangebied, waarvan 79.32% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R161.00/kg (skoon prys: R212.73/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 17.3 mikron, uit die skeersel van Brummersdam Boerdery, vanuit die Philipstown distrik. Die koper was Tianyu SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 16 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CE20, the Cape Wools Merino indicator decreased by 1.4% for non-RWS and 2.3% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R148.99/kg and R168.65/kg, respectively. On the OVK auction 4028 bales were offered, of which 79.32% was sold. The highest price on the OVK auction, of R161.00/kg (clean price: R212.73/kg), was achieved for a 1 bale lot BH of 17.3 microns, from the clip of Brummersdam Farming, from the Philipstown district. The buyer was Tianyu SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 16 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees