SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W14 - 2023

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W14 - 2023

geplaas op 09:26 (GMT+2) Wo., 01 Nov. 2023

Die 5de veiling van die Winter Sybokhaar seisoen!!!

MARKANALISE

Die vyfde veiling van die 2023 winterseisoen het op 31 Oktober in Port Elizabeth plaasgevind, met 117 447 kg op aanbod, waarvan 88% van die hand gesit is. Die aanbod het uit goeie kwaliteit sybokhaar bestaan waarvan 87% RMS gesertifiseer was. Daar was goeie kompetisie tussen die kopershuise op die jongbok segment van die mark. Die gemiddelde mark aanwyser het gestyg met 3% van die vorige veiling wat gesluit het op R320.55/kg. Kleinbokkie haar, fyn- en sterk bokhaar was onveranderd. Jong bokhaar het gestyg met 4%. OVK bins het weereens goed verkoop met die hoogste bin prys van R660/kg wat behaal is vir ‘n baal BSFFK van 24.8 mikron. Die produsente in die lot was: DF Grobler, Van Zyl boerdery (EDMS) BPK, Die Evert Trust, WJ Janse van Rensburg en JG Visser. Die koper was Samil Trading (PTY) LTD. P.F. Webber van Albany het die hoogste produsente prys op OVK behaal vir ‘n baal CSFFK van 24.2 mikron wat verkoop het vir R700/kg. Die koper was Samil Trading (PTY) LTD. OVK is trots op ons produsente en waardeer hul lojale ondersteuning.

MARKVOORUITSIGTE

Die sesde veiling van die 2023 winterseisoen vind plaas op 14 November 2023. Bokhaar behoort op huidige vlakke te verhandel. So berig Gerrit van Heerden, Sybokhaar bestuurder. 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The fifth auction of the 2023 winter season took place in Port Elizabeth on 31 October, with 117 447 kg on offer, of which 88% was sold. The offering consisted of good quality mohair of which 87% was RMS certified. There was good competition between the buyer houses on the young goat segment of the market. The average market indicator increased by 3% from the previous auction which closed at R320.55/kg. Kid mohair, fine and strong adult mohair was unchanged. Young goat mohair increased by 4%. OVK bins once again sold well with the highest bin price of R660/kg achieved for a bale BSFFK of 24.8 microns. The producers in the lot were: DF Grobler, Van Zyl Boerdery (EDMS) BPK, Die Evert Trust, WJ Janse van Rensburg and JG Visser. The buyer was Samil Trading (PTY) LTD. P.F. Webber from Albany achieved the highest producer price on OVK’s auction for a bale CSFFK of 24.2 microns which sold for R700/kg. The buyer was Samil Trading (PTY) LTD. OVK is proud of our producers and appreciates their loyal support.

MARKET OUTLOOK

The sixth auction of the 2023 winter season will take place on 14 November 2023. Mohair should trade at current levels. So, reports Gerrit van Heerden, Mohair Manager. 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer