WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT
11 OKTOBER / OCTOBER 2023
MARKANALISE
Op wolveiling CE08, het die Cape Wools Merino aanwyser met 1.7% vir nie-RWS wol en met 1.2% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R150.08/kg en R165.39/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 1758 bale aangebied, waarvan 94.43% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R150.60/kg (skoon prys: R204.56/kg), is behaal vir ‘n 5 baal lot BH van 17.2 mikron, uit die skeersel van De Kock Sandfontein, vanuit die Caledon distrik. Die koper was Segard Masurel SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 16 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CE08, the Cape Wools Merino indicator decreased by 1.7% for non-RWS and 1.2% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R150.08/kg and R165.39/kg, respectively. On the OVK auction 1758 bales were offered, of which 94.43% was sold. The highest price on the OVK auction, of R150.60/kg (clean pryse: R204.56/kg), was achieved for a 5 bale lot BH of 17.2 microns, from the clip of De Kock Sandfontein, from the Caledon district. The buyer was Segard Masurel SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 16 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees