SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W13 - 2023

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W13 - 2023

geplaas op 08:36 (GMT+2) Wo., 11 Okt. 2023

Die 4de veiling van die Winter Sybokhaar seisoen!!!

MARKANALISE

Die vierde veiling van die 2023 winterseisoen het op 10 Oktober in Port Elizabeth plaasgevind, met 129 300 kg op aanbod, waarvan 78% van die hand gesit is. Die aanbod het uit goeie kwaliteit sybokhaar bestaan waarvan 81% RMS gesertifiseer was. Nie al die kopershuise het aktief kompeteer vir die sybokhaar aangebied op vandag se veiling nie. Dit het negatiewe impak op die mark gehad. Kleinbokkies daal met 3%. Jong bokhaar daal met 2%. Fyn groot bokhaar het met 1% gedaal en sterk groot bokhaar was onveranderd. Die gemiddelde markaanwyser het met 2% gedaal in vergelyking met die vorige veiling om te sluit op R310.24 /kg. OVK bins het goed verkoop met die hoogste bin prys van R650 /kg. Die produsente in die lot was: BBLD (PTY) LTD, AG Louw, Klipbak (EDMS) BPK en AH Geldenhuis. Die topgehalte skeersel van Wyle JH Nel van Aberdeen het goeie pryse behaal en ? baal BSFFK met goeie styl en karakter van 25.9 mikron het verkoop vir R699.50 /kg. Die koper was Vitale Barberis Canonico. OVK is trots op ons produsente en waardeer hul lojale ondersteuning.

MARKVOORUITSIGTE

Die vyfde veiling van die 2023 winterseisoen vind plaas op die 31 Oktober 2023. Bokhaar behoort op huidige vlakke te verhandel. So berig Gerrit van Heerden, Sybokhaar bestuurder. 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The fourth auction of the 2023 winter season took place in Port Elizabeth on 10 October, with 129 300 kg on offer, of which 78% was sold. The offering consisted of good quality mohair of which 81% was RMS certified. Not all of the buyer houses actively competed for the mohair offered at today's auction. This had a negative impact on the market. Kid mohair decreased by 3%. Young goats decreased by 2%. Fine adult mohair decreased 1% and strong adult mohair was unchanged. The average market indicator decreased by 2% compared to the previous auction to close at R310.24 /kg. OVK bins sold well with the highest bin price of R650 /kg. The producers in the lot were: BBLD (PTY) LTD, AG Louw, Klipbak (EDMS) BPK and AH Geldenhuis. The top-quality clip of Late JH Nel of Aberdeen achieved good prices and a bale BSFFK with good style and character of 25.9 microns sold for R699.50 /kg. The buyer was Vitale Barberis Canonico. OVK is proud of our producers and appreciates their loyal support.

MARKET OUTLOOK

The fifth auction of the 2023 winter season will take place on 31 October 2023. Mohair should trade at current levels. So, reports Gerrit van Heerden, Mohair Manager. 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer