WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT
27 SEPTEMBER / SEPTEMBER 2023
MARKANALISE
Op wolveiling CE06, het die Cape Wools Merino aanwyser met 0.5% vir nie-RWS wol gedaal en met 0% vir RWS wol onveranderd gebly, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R153.71/kg en R167.66/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 1821 bale aangebied, waarvan 85.01% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R194.10/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot BH van 16.3 mikron, uit die skeersel van Doringkuil Trust, vanuit die Steynsburg distrik. Die koper was Lempriere SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 16 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CE06, the Cape Wools Merino indicator decreased by 0.5% for non-RWS and was unchanged with 0% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R153.71/kg and R167.66/kg, respectively. On the OVK auction 1821 bales were offered, of which 85.01% was sold. The highest price on the OVK auction, of R194.10/kg, was achieved for a 2 bale lot BH of 16.3 microns, from the clip of Doringkuil trust, from the Steynsburg district. The buyer was Lempriere SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 16 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees