SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W12 - 2023

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W12 - 2023

geplaas op 11:04 (GMT+2) Wo., 27 Sep. 2023

Die 3de veiling van die Winter Sybokhaar seisoen!!! OVK bereik die hoogste prys op die veiling!!

MARKANALISE

Die derde veiling van die 2023 winterseisoen het op 26 September 2023 in Port Elizabeth plaasgevind, met 123 087kg op aanbod, waarvan 84% van die hand gesit is. Die aanbod het bestaan uit goeie kwaliteit sybokhaar waarvan 83% RMS gesertifiseer was. Die kopershuise het aktief kompeteer vir die fyner mikrons wat goeie aanvraag in die segment aandui. Die sterker mikrons was weereens onder druk as gevolg van min belangstelling vanuit die Ooste. Die gemiddelde markaanwyser het met 3% gedaal in vergelyking met die vorige veiling om te sluit op R318.43/kg. Kleinbokkies was onveranderd. Jong bokhaar en fyn groot bokhaar daal met 3%. Sterk groot bokhaar daal met 2%. OVK bins het weereens goed presteer en die hoogste bin prys behaal van R746/kg. Dit was ook die hoogste prys op die totale veiling. Die produsente in hierdie lot was Pen Marx Familie Trust, New Years Drift Enterprises (PTY) LTD en F Louw. Die koper was Vitale Barberis Canonico. Die hoogste prys vir ‘n produsente baal het behoort aan Waterkrans Trust van Graaff Reinet vir ‘n baal BSFFK van 24.3 mikron wat verkoop het vir R726.50/kg en die koper was Stucken & Co. OVK is trots op ons produsente en waardeer hul lojale ondersteuning.

MARKVOORUITSIGTE

Die vierde veiling van die Sybokhaar Winterseisoen 2023 vind plaas op die 10 Oktober 2023.  Sekere segmente van die bokhaar sal steeds onder druk wees. Bokhaar behoort op huidige vlakke te verhandel. So berig Gerrit van Heerden, Sybokhaar bestuurder. 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The third auction of the 2023 winter season took place in Port Elizabeth on 26 September 2023, with 123 087kg on offer, of which 84% was sold. The offer consisted of good quality mohair of which 83% was RMS certified. The buyer houses actively competed for the finer microns indicating good demand in the segment. The stronger microns were again under pressure due to little interest from the East. The average market indicator decreased by 3% compared to the previous auction to close at R318.43/kg. Kid mohair were unchanged. Young goats and fine Adults decreased by 3%. Strong Adult decreased by 2%. OVK bins once again performed well and achieved the highest bin price of R746/kg. It was also the highest price in the entire auction. The producers in this lot were Pen Marx Family Trust, New Years Drift Enterprises (PTY) LTD and F Louw. The buyer was Vitale Barberis Canonico. The highest price for the produces was Waterkrans Trust from Graaff Reinet for a bale BSFFK of 24.3 microns which sold for R726.50/kg and the buyer was Stucken & Co. OVK is proud of our producers and appreciates their loyal support.

MARKET OUTLOOK

The fourth auction of the Mohair Winter Season 2023 will take place on the 10th of October. Certain segments of the mohair market will continue to be under pressure. Mohair should trade at current levels. So, reports Gerrit van Heerden, Mohair Manager. 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer