WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT
10 MEI / MAY 2023
MARKANALISE
Op wolveiling CC31, het die Cape Wools Merino aanwyser met 1.7% vir nie-RWS en met 1.9% vir RWS wol gedaal, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R171.55/kg en R187.51/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 2430 bale aangebied, waarvan 93.7% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R189.00/kg, en is behaal vir ‘n 1 baal lot AM van 16.8 mikron, uit die skeersel van SG Lombaard, van uit die Rouxville distrik. Die koper was Segard Masurel SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 16 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CC31, the Cape Wools Merino indicator decreased by 1.7% for non-RWS and 1.9% for RWS wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R171.55/kg and R187.51/kg, respectively. On the OVK auction 2430 bales were offered, of which 93.7% was sold. The highest price on the OVK auction, of R189.00/kg, was achieved for a 1 bale lot AM of 16.8 microns, from the clip of SG Lombaard , from the Rouxville district. The buyer was Segard Masurel. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 16 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.
Kliek hier om die volle verslag te lees