SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S05 - 2023

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S05 - 2023

geplaas op 09:53 (GMT+2) Wo., 26 Apr. 2023

Die vyfde veiling van die Somerseisoen 2023

MARKANALISE

Die vyfde sybokhaar veiling van 2023 Somerseisoen het op 25 April 2023 in Port Elizabeth plaasgevind. Daar was 147 602 kg op aanbod waarvan 93% verkoop is. Die aanbod het bestaan uit goeie kwaliteit sybokhaar waarvan 83% RMS gesertifiseer was. Goeie kompetisie het geheers tussen kopers huise op die fyner segment van die veiling, wat ‘n positiewe impak op sybokhaar pryse gehad het. Swakker kompetisie het geheers tussen kopers huise op die sterker segment van die sybokhaar. Kleinbokkie haar styg met 6% en jongbokhaar daal met 2%. Fyn grootbokhaar daal met 3% en sterk grootbokhaar met 2%. Die gemiddelde Nasionale Markaanwyser het met 1% gedaal en gesluit op R374.33/kg. OVK se markaanwyser sluit op R376.85/kg wat hoër is as die Nasionale Markaanwyser. OVK bins het goed verkoop met die hoogste prys van R729/kg vir ‘n baal BSFFK. Die produsente in die lot was: Klipbak (EDMS) BPK, AG Louw, A Barnardt en PJ Lategan. OVK produsent EE Brits van Jansenville het ‘n baal CSFFK van 22.3 mikron verkoop vir R740/kg en die koper was Samil PTY LTD.   Ons is trots op ons produsente en waardeer hul lojale ondersteuning. SAAM BEREIK ONS MEER!

MARKVOORUITSIGTE

Die sesde veiling vind plaas op die 16de Mei 2023 te Port Elizabeth en word verwag dat pryse op huidige vlakke sal verhandel. So berig Gerrit van Heerden, Sybokhaarbestuurder. 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The fifth mohair auction of 2023 summer season took place on 25 April 2023 in Port Elizabeth. There were 147 602 kg on offer of which 93% were sold. The offer consisted of good quality mohair of which 83% was RMS certified. Good competition prevailed between buyer houses in the finer segment of the auction, which had a positive impact on mohair prices. Weaker competition prevailed between buyer houses on the stronger segment of the mohair. Kid mohair increased by 6% and young goats decreased by 2%. Fine adults decreased by 3% and strong adults by 2%. The average National Market Indicator decreased by 1% and closed at R374.33/kg. OVK's market indicator closed at R376.85/kg which is higher than the National Market Indicator. OVK bins sold well with the highest price of R729/kg for a bale of BSFFK. The producers in the lot were: Klipbak (EDMS) LTD, AG Louw, A Barnardt and PJ Lategan. OVK producer EE Brits from Jansenville sold a bale CSFFK of 22.3 microns for R740/kg and the buyer was Samil PTY LTD. We are proud of our producers and appreciate their loyal support. TOGETHER WE ACHIEVE MORE!

 

MARKET OUTLOOK

The sixth auction will take place on the 16th of May 2023 in Port Elizabeth and it is expected that prices will trade at current levels. So reports Gerrit van Heerden, Mohair Manager. 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer