SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S2304 - 2023

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT S2304 - 2023

geplaas op 08:45 (GMT+2) Wo., 05 Apr. 2023

Vierde Sybokhaar veiling van die Somerseisoen van 2023!

MARKANALISE

Die vierde Sybokhaar veiling van die 2023 somer seisoen het op 4 April in Port Elizabeth plaas gevind. Daar was 110 201 kg op aanbod waarvan 93% verkoop is. Die aanbod het uit goeie kwaliteit sybokhaar bestaan waarvan 77% RMS gesertifiseerd was. Kleinbokkie haar daal met 4% en jong bokhaar daal met 6%, fyn groot bok haar daal met 3% en sterk grootbokhaar daal met 4% onderskeidelik. Die gemiddelde markaanwyser daal met 4% in vergelyking met vorige veiling en sluit op R379.46/kg. Die vernaamste redes vir die daling is die sterker SA geld eenheid wat 4% sterker was as die vorige veiling en swakker kompetisie tussen kopers huise. Die OVK Bin span het weereens hulle werk goed vermag deur ‘n rekord somer seisoen bin prys van R800/kg vir ‘n baal BSFFK te behaal. Die produsente in die lot was CM Barry Testamentêre Trust en The PC Marais Sons Family Trust. OVK produsent HJ Nel van Albany het ‘n baal ASFFK van 24.4 mikron verkoop vir R850/kg en die koper was VBC. Dit was die hoogste prys vir die algehele veiling, wat behaal was in die veilings lokaal. Ons is trots op ons produsente en waardeer hul lojale ondersteuning. SAAM BEREIK ONS MEER!

MARKVOORUITSIGTE

Die vyfde veiling van die 2023 somer seisoen vind plaas op 25 April 2023. Bokhaar behoort teen dieselfde vlakke te verhandel. So berig deur Gerrit van Heerden, Sybokhaarbestuurder. 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The fourth Mohair auction of the 2023 summer season took place on the 4th of April in Port Elizabeth. There was 110 201 kg on offer of which 93% was sold. The supply consisted of good quality mohair of which 77% was RMS certified. Kid mohair decreased by 4% and young goats decreased by 6%, fine Adults decreased by 3% and strong adults decreased by 4% respectively. The average market indicator decreased by 4% compared to the previous auction and closed at R379.46/kg. The main reasons for the decrease are the stronger SA currency which was 4% stronger than the previous auction and weaker competition between buyers houses. The OVK Bin team once again excelled by obtaining a record summer season bin price of R800/kg for a bale of BSFFK. The producers in the lot were CM Barry Testamentary Trust and The PC Marais Sons Family Trust. OVK producer HJ Nel from Albany sold a bale of 24.4 micron ASFFK for R850/kg and the buyer was VBC. This was the highest price for the overall auction, achieved in the auction room. We are proud of all our producers and appreciate their loyal support. TOGETHER WE ACHIEVE MORE!

MARKET OUTLOOK

The fifth auction of the 2023 summer season will take place on 25 April 2023. Mohair should trade at the same levels. So reports Gerrit van Heerden, Mohair Manager. 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer