SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W16 - 2022

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W16 - 2022

geplaas op 07:39 (GMT+2) Wo., 07 Des. 2022

Laaste Sybokhaar veiling van die 2022 Winterseisoen!

MARKANALISE

Die sewende en laaste bokhaar veiling van die 2022 winterseisoen het op 6 Desember 2022 te Port Elizabeth plaas gevind. Die aanbieding op veiling was 87 576 kg waarvan 93% verkoop is. 66% van die aanbieding was RMS gesertifiseer. Die aanbod het bestaan uit gemengde kwaliteit bokhaar, met goeie individuele skeersels. Daar was goeie kompetisie tussen kopers huise vir sekere segmente van die bokhaar. In vergelyking met die vorige veiling daal kleinbokkie haar met 2% jong- en fyn groot bokhaar daal met 4% onderskeidelik. Sterk groot bokhaar daal met 1.5% Die veiling gemiddeld daal met 2.5% Die hoogste prys op OVK veiling was vir ‘n kleinbokkie bin baal van 25.8 mikron met goeie styl en karakter wat verkoop het vir R700/kg Die produsente van die baal was as volg: J.A. Rich, Exclusive Eggs, Zeekoegat Trust en Lamprecht Boerdery Trust. Die koper van hierdie goeie kwaliteit baal was VBC. OVK wens al sy produsente ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwejaar. OVK bedank sy produsente vir hul lojale ondersteuning en vertroue deur hierdie uitdagende winterseisoen.


MARKVOORUITSIGTE

Die eerste veiling van die 2023 somer seisoen vind plaas die 14de Februarie 2023. As gevolg van die huidige wêreld mark toestande is dit moeilik om te voorspel was die 2023 somer seisoen se vooruitsigte sal wees. So berig Gerrit van Heerden, Sybokhaarbestuurder. 082 854 8604.


OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.


MARKET ANALYSIS

The seventh and last mohair auction of the 2022 winter season took place on 6 December 2022 in Port Elizabeth. The offer on auction was 87,576kg of which 93% was sold. 66% of the offering was RMS certified. The supply consisted of mixed quality mohair, with good individual clips. There was good competition between buyers houses for certain segments of the mohair auction. Compared to the previous auction, kid mohair is down by 2%, young goats and fine adult mohair are down by 4% respectively. Strong adult mohair decreased by 1.5% The auction average decreased by 2.5% The highest price at OVK auction was for a kid bin bale of 25.8 microns with good style and character which sold for R700/kg The producers of the bale were as follows: J.A. Rich, Exclusive Eggs, Zeekoegat Trust and Lamprecht Boerdery Trust. The buyer of this good quality bale was VBC. OVK wishes all its producers a Merry Christmas and a Prosperous New Year. OVK thanks its producers for their loyal support and trust through this challenging winter season.


MARKET OUTLOOK

The first auction of the 2023 summer season takes place on the 14th of February 2023. Due to the current world market conditions, it is difficult to predict what the 2023 summer season's prospects will be. So, reports Gerrit van Heerden, Mohair manager. 082 854 8604.


OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer