SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W14 - 2022

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W14 - 2022

geplaas op 13:24 (GMT+2) Di., 15 Nov. 2022

Die Sybokhaar veilings van die Winterseisoen 2022 begin weer op goeie koers kom!

MARKANALISE

Die vyfde veiling van die 2022 Winterseisoen het op 8 November 2022 plaasgevind in Port Elizabeth, met 116 739 kg op aanbod, waarvan 76% verkoop is. Die aanbod het bestaan uit goeie kwaliteit sybokhaar waarvan 70% RMS gesertifiseerd is. Daar was goeie kompetisie tussen kopers huise, veral in die kleinbokkie en jongbok segment van die mark.  Die Nasionale Markaanwyser het met 1% gestyg in vergelyking met die vorige veiling en sluit op R324.46/kg. Klein- en jongbok styg met 1%, fyn grootbokke daal met 2% en sterk grootbokke bly onverander. OVK veilings gemiddeld was R329.92/kg. Die hoogste bin prys is behaal deur ‘n OVK bin wat verkoop het vir R670.10/kg. Die hoogste prys van OVK op die veiling was R731/kg vir ‘n baal goeie styl kleinbokkie haar van Peet de Klerk Familie Trust van Murraysburg. Ons waardeer die lojale ondersteuning van al ons produsente. SAAM BEREIK ONS MEER.

MARKVOORUITSIGTE

Sjina het steeds nie terug gekeer tot die mark nie, as gevolg van stadige ekonomiese herstel. Europa sukkel steeds met buitensporige energie kostes wat lei tot hoë inflasie en rentekoerse. Dié redes sal steeds ‘n rol speel in sybokhaar kopers se vermoë om sybokhaar te koop. So berig Gerrit van Heerden, Sybokhaarbestuurder. 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSIS
The fifth auction of the 2022 Winter season took place on 8 November 2022 in Port Elizabeth, with 116 739 kg on offer, of which 76% were sold. The offering consisted of good quality mohair of which 70% was RMS certified. There was good competition between buyer houses, especially in the kids and young goats segment of the market. The National Market Indicator increased by 1% compared to the previous auction and closed at R324.46/kg. Kids and young goats increased by 1%, fine adults decreased by 2% and adults remained unchanged. OVK’s average on the auction was R329.92/kg. The highest bin price was achieved by an OVK bin which sold for R670.10/kg. The highest price for OVK at the auction was R731/kg for a good style kid mohair bale from Peet de Klerk Family Trust of Murraysburg. We appreciate the loyal support of all our producers. TOGETHER WE ACHIEVE MORE.

MARKET OUTLOOK
China has still not returned to the market, due to slow economic recovery. Europe continues to struggle with excessive energy costs leading to high inflation and interest rates. These reasons will continue to play a role in mohair buyers' ability to buy mohair. So, reports Gerrit van Heerden, Mohair manager. 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.


Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer