SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W13- 2022

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT W13- 2022

geplaas op 07:37 (GMT+2) Wo., 19 Okt. 2022

Vierde Sybokhaarveiling van die Winterseisoen 2022

MARKANALISE

Die vierde veiling van die 2022 winterseisoen het vandag in Port Elizabeth plaas gevind, met 169 543kg op aanbod, waarvan 56% verkoop is. Die aanbod het bestaan uit bokhaar van goeie gehalte met 73% van die sybokhaar wat RMS gesertifiseerd is. Vandag se veiling het voortgegaan op dieselfde tendens as die vorige veiling met kopershuise wat relatief passief was. Sjina het steeds nie teruggekeer na die mark nie en Europa sukkel steeds met buitesporige energie kostes wat lei tot hoë inflasie en rente koerse. Meer as 40% van die sybokhaar op vandag se veiling bly onverkoop.  Vergelyking met die vorige veiling het kleinbokkiehaar met 5% gedaal, jongbokhaar het met 10% gedaal, sterk- en fyn grootbokhaar het ‘n daling van 7% getoon. Die nasionale mark aanwyser het 7% laer op R321.65/kg gesluit. OVK se gemiddeld was R326.42/kg. Die hoogste prys op OVK veiling was deur Pen Marx Familie Trust vir ‘n baal BSFFK met 24.9 mic wat verkoop het teen R665/kg. Ons waardeur die lojale ondersteuning van al ons produsente. SAAM BEREIK ONS MEER

MARKVOORUITSIGTE

Die vyfde veiling van die 2022 winter seisoen vind plaas op 8 November 2022. Pryse sal steeds onder druk verkeer tensy Sjina tot mark sou toetree. So berig Gerrit van Heerden, Sybokhaarbestuurder. 082 854 8604.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings.  Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 32 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSIS

The fourth auction of the 2022 winter season took place in Port Elizabeth today, with 169,543kg on offer, of which 56% was sold. The offering consisted of good quality mohair with 73% of the mohair being RMS certified. Today's auction continued on the same trend as the previous auction with buyer houses being relatively passive. China has still not returned to the market and Europe is still struggling with excessive energy costs leading to high inflation and interest rates. More than 40% of the mohair at today's auction remains unsold. Compared to the previous auction, kid mohair decreased by 5%, young goats decreased by 10%, strong and fine Adult mohair showed a decrease of 7%. The national market indicator decreased by 7% at R321.65/kg. OVK's average was R326.42/kg. The highest price at OVK auction was achieved by Pen Marx Family Trust for a bale of BSFFK with 24.9 mic which sold at R665/kg. We appreciate the loyal support of all our producers.TOGETHER WE ACHIEVE MORE

 

MARKET OUTLOOK

The fifth auction of the 2022 winter season will take place on the 8th of  November 2022. Prices will continue to be under pressure unless China enters the market. So, reports Gerrit van Heerden, Mohair manager. 082 854 8604.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 32 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer