WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB21_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB21_2021

geplaas op 14:34 (GMT+2) Do., 10 Feb. 2022

Cape Wools Merino aanwyser daal met 0.5% vir nie-RWS wol en 1.4% vir RWS wol. / Cape Wools Merino indicator decreases by 0.5% for non-RWS wool and 1.4% for RWS wool

MARKANALISE

Die 21ste wolveiling van die 2021/2022 seisoen het op 9 Februarie plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 0.5% en 1.4% gedaal, vir nie-RWS en RWS wol onderskeidelik, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R165.40/kg en R195.44/kg gesluit.  Die Australiese EMI het ook met 1.9% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 0.4% swakker verhandel teen die VSA Doller, en ook 1.7% verswak teen die Euro. Die grootste verandering die week, was in die 21.5 mikron segment, met 'n daling van 5.7%. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur  Lempriere SA, G. Modiano SA  en Segard Masurel SA  Daar is in totaal 9 009 bale aangebied, waarvan 91.3% verkoop is.

Op die OVK veiling is 2 224 bale aangebied, waarvan 94.8% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R207.30/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot CFY  van 16.6 mikron, uit die skeersel van Burnley Park Boerdery vanuit die Tarkastad distrik. Die koper was New England Wool. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die Suid-Afrikaanse wolmark se verswakking kan toegeskryf word aan die Australiese wolmark wat verswak het en die heelwat kleiner aanbieding van vandag en toekomstige veilings. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 10.8% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.  Die grootste rede hiervoor, blyk steeds die nadraai van die langdurige droogte van die afgelope paar jaar te wees.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling. Gesertifiseerde wol het ook weereens beter presteer as die mark gemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehad het. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses, want naspeurbaarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Die volgende veiling is geskeduleer vir 16 Februarie 2022.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 21th wool auction of the 2021/2022 season took place on 16 February. The Cape Wools Merino indicator decreased by 0.5% and 1.4%, for non-RWS and RWS wool respectively, compared to the previous sale and closed at a clean price of R165.40/kg and R195.44/kg.  The Australian EMI also decreased by 1.9%, compared to the previous sale. The Rand traded 0.4% weaker against the US Dollar and also lost 1.7% to the Euro, compared to the previous auction. The largest movement on this auction, was an increase of 6.6%, in the 21.0 micron segment. Standard Wool SA was the major buyer on this auction followed by Lempriere SA, G. Modiano SA and Segard Masurel SA. A total of 9 009 bales were on offer, of which 91.3% was sold.

On the OVK auction 2 224 bales were offered, of which 94.8% was sold. The highest price on the OVK auction, of R207.30/kg, was achieved for a 1 bale lot CFY of 16.6 microns, from the clip of Burnley Park Boerdery, from the Tarkastad district. The buyer was New England Wool. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The South-African wool market's weakening can be attributed to the weakening of the Australian wool market and the significant smaller offering of today and future auctions. The receival of wool in the brokers’ stores this week, is 10.8% lower, compared to the same time of the previous season. The main reason for this, might still be an aftermath of the long-term draught experienced the past few years.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction. Certified wool outperformed the market average, resulted in healthy competition amongst buyers. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process, because traceability is a future tendency, that came to stay. The next auction is scheduled for 16 February 2022.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOLMARKET REPORT CE23...


Lees Meer