WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB12_2021

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CB12_2021

geplaas op 19:59 (GMT+2) Wo., 03 Nov. 2021

Cape Wools Merino aanwyser styg met 3.3% en 98.1% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 3.3% and 98.1% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 12de wolveiling van die 2021/2022 seisoen, het op 3 November plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 3.3% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R173.88/kg gesluit.  Die Australiese EMI het ook met 1.1% gestyg teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 3.1% swakker verhandel teen die VSA Doller en ook 2.9% verswak teen die Euro. Die grootste verandering die week, was in die 19.5 mikron segment, met 'n styging van 4.9%. G. Modiano SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, Standard Wool SA en Tianyu SA. Daar is in totaal 8 828 bale aangebied, waarvan 98.1% verkoop is.

Op die OVK veiling is 2 562 bale aangebied, waarvan 98.8% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R224.90/kg, is behaal vir ‘n 1 baal lot BH van 16.9 mikron, uit die skeersel van JH du Plessis van die Trompsburg distrik. Die koper was Segard Masurel SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Die verbetering in die Suid-Afrikaanse kan toegeskryf word aan die verbeter in die Australiese wolmark en die verswakking van die Rand teenoor die vernaamste geldeenhede. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 13.3% laer, vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en ver beter presteer as die mark gemiddelde, wat gesonde kompetisie tussen kopers tot gevolg gehed het. Ons nooi weereens produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die RWS sertifiseringsproses, want naspeurbaarheid is 'n tendens van die toekoms wat gekom het om te bly. Die volgende veiling is geskeduleer vir 10 November 2021, waar sowat 9 170 bale aangebied sal word. Die laaste veiling van 2021, vind op 1 Desember 2021. Dit sal vir katalogus CB16 wees.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 12th wool auction of the 2021/2022 season, took place on 3 November. The Cape Wools Merino indicator traded 3.3% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R173.88/kg.  The Australian EMI also increased by 1.1% though, compared to the previous sale. The Rand traded 3.1% weaker against the US Dollar and also lost 2.9% to the Euro, compared to the previous auction. The largest movement on this auction, was an increase of 4.9%, in the 19.5micron segment. G. Modiano SA was the major buyer on this auction, followed by Lempriere SA, Standard Wool SA and Tianyu SA. A total of 8828 bales were on offer, of which 98.1% was sold.

On the OVK auction 2 562 bales were offered, of which 98.8% was sold. The highest price on the OVK auction, of R224.90/kg, was achieved for a 1 bale lot BH of 16.9 microns, from the clip of JH du Plessis, from the Trompsburg district. The buyer was Segard Masurel SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The improvement in the South African wool market can be attributed to the increase of the Australian wool market and the weakening of the Rand against the most important currencies. The receival of wool in the brokers’ stores this week, is 13.3% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and outperformed the market, with healthy competition amongst buyers. We again invite farmers to contact OVK for assistance in the RWS certification process, because traceability is a future tendency, that came to stay.  The next auction is scheduled for 10 November 2021, where approximately 9 170 bales will be on offer. The last auction of 2021, will be on 1 December 2021. That will be for catalogue CB16.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOLMARKET REPORT CE23...


Lees Meer