WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA34_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA34_2020

geplaas op 19:12 (GMT+2) Wo., 09 Jun. 2021

Cape Wools Merino aanwyser styg met 1.5% en 95.3% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 1.5% and 95.3% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 34ste en laaste wolveiling van die 2020/21 seisoen, het op 9 Junie plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 1.5% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R162.68/kg gesluit. Die Australiese EMI het ook met 1.2% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 1.4% sterker verhandel teen die VSA Doller en het ook 1.6% versterk teen die Euro. Die grootste styging van 4.1%, was in die 18.5 mikron segment. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, G. Modiano SA en Stucken & Co. Daar is in totaal 12 896 bale aangebied, waarvan 95.3% verkoop is.

Op die OVK veiling is 4 088 bale aangebied waarvan 95% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R204.00/kg, is behaal vir ‘n 3 baal lot AFY van 16.1 mikron, uit die skeersel van BPG Langfontein, van Wakkerstroom.  Die koper was Standard Wool SA . Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Ten spyte van die Rand wat versterk het teenoor die vernaamste geldeenhede, het die Suid-Afrikaanse wolmark die week verbeter. 'n Bydraende faktor tot die verbetering, is ook die positiewe tendens wat die Australiese wolmark vertoon. Die grootlikse sywaartse beweging en effense verbetering, behoort voort te duur met die aanvang van die nuwe seisoen, aangesien die wêreldekonomie wel besig is om te herstel. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 1.2% hoër vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Ons nooi produsente uit om te skakel met OVK, om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die huidige wolseisoen het nou tot 'n einde gekom en die 2021/22 seisoen, skop op 11 Augustus 2021 af.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 34th and last wool auction of the 2020/21 season, took place on 9 June. The Cape Wools Merino indicator traded 1.5% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R162.68/kg. The Australian EMI also increased by 1.2%, compared to the previous sale. The Rand traded 1.4% stronger against the US Dollar and gained 1.6% to the Euro, compared to the previous auction. The largest increase this week, of 4.1%, was in the 18.5 micron segment. Standard Wool SA was the major buyer on this auction, followed by Lempriere SA, G. Modiano SA en Stucken. A total of 12 896 bales were on offer, of which 95.3% was sold.

On the OVK auction 4 088 bales were offered, of which 95% was sold. The highest price on the OVK auction, of R204.00/kg, was achieved for a 3 bale lot AFY of 16.1 microns, from the clip of BPG Langfontein, from Wakkerstroom. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

Despite the strengthening of the Rand, against the most influential currencies, the South African wool market still managed to improve. A contributing factor to the improvement is the positive trend in the Australian wool market. The largely sideways movement and slight improvement should commence with the beginning of the new season, since the world economy started to recover. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 1.2% higher, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS) good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and saw healthy competition amongst buyers. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The current wool season has come to an end and the 2021/22 season will kick off on 11 August 2021.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende