WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA22_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA22_2020

geplaas op 18:02 (GMT+2) Wo., 17 Feb. 2021

Cape Wools Merino aanwyser styg met 4.1% en 92.3% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator increases by 4.1% and 92.3% of the offering was sold

MARKANALISE.

Die 22ste wolveiling van die 2020/21 seisoen, het hierdie week, op 17 Februarie plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 4.1% gestyg teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R165.76/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 3.1% versterk teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmend dieselfde tyd van die vorige veiling, 0.17% swakker verhandel teen die VSA Dollar, maar 0.23% versterk teen die Euro. Die grootste styging van 6.9%, was in die 19.5 mikron segment. Standard Wool SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur  G.Modiano SA, Lempriere SA en Stucken & Co. Daar is in totaal 7 510 bale aangebied, waarvan 92.6% verkoop is.

Op die OVK veiling is 2 413 bale aangebied waarvan 92.3% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R199.00/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot BKSH van 16.2 mikron, uit die skeersel van PWB Uys, Wakkerstroom. Dit was ook die algehele hoogste prys op die dag. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

Ons verwag 'n moontlik versterking in die wolmark vir volgende week. Die rede hiervoor is dat werksaamhede in China terugkeer na normaal na hulle Nuwejaarsvieringe wat tot 'n einde gekom het. Dit, tesame met die Rand wat weer effens verswak teen die VSA Dollar, kan  'n positiewe beweging in die wolmark tot gevolg hê. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 4.3% laer vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers. Sertifisering bly 'n belangrike aspek en is 'n toekomsneiging wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 24 Februarie 2021, waar sowat 7 748 bale aangebied sal word.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The 22nd wool auction of the 2020/21 season, took place this week on 17 February. The Cape Wools Merino indicator traded 4.1% higher, compared to the previous sale and closed at a clean price of R165.76/kg. The Australian EMI also increased by 3.1%, compared to the previous sale. The Rand traded 0.17% weaker against the US Dollar, but 0.23% stronger to the Euro, compared to previous auction. The largest increase this week, of 6.9%, was in the 19.5 micron segment. Standard Wool SA was the major buyer on the auction this week, followed by G. Modiano SA, Lempriere SA and Stucken & Co. A total of 7 510 bales were on offered, of which 92.6% was sold.

On the OVK auction 2 413 bales were offered, of which 92.3% was sold. The highest price on the OVK auction, of R199.00/kg, was achieved for a 2 bale lot BKSH of 16.2 microns, from the clip of the PWB Uys, Wakkerstroom. This was also the highest overall price on the day. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement!

 

FORECAST

We expect to see an increasing in the wool market next week. The reason for this is that activities are turning back to normal after their Chinese New Year celebrations have come to an end. This, along with the somewhat strengthening of the Rand against the USA Dollar, could result in a positive movement in the wool market. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 4.3% lower compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS) good quality Merino wool, again enjoyed good attention on the auction and saw healthy competition amongst buyers. Certification is continuing to be an important aspect and is a future trend that came to stay. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next wool auction is scheduled for 24 February 2021, where roughly 7 748 bales will be on offer.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOLMARKET REPORT CE23...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE22...


Lees Meer