WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA13_2020

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CA13_2020

geplaas op 19:01 (GMT+2) Wo., 11 Nov. 2020

Cape Wools Merino aanwyser daal met 7.4% en 95.8% van die aanbieding is verkoop / Cape Wools Merino indicator decreases by 7.4% and 95.8% of the offering was sold

MARKANALISE

Die 13de wolveiling van die 2020/21 wolseisoen het hierdie week, op 11 November plaasgevind. Die Cape Wools Merino aanwyser het met 7.4% gedaal teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R145.56/kg gesluit. Die Australiese EMI het met 2.8% verswak teenoor die vorige veiling. Die Rand het, ooreenstemmende tyd van die vorige veiling, 3.7% sterker verhandel teen die VSA Dollar en 2.8% versterk teenoor die Euro. Die grootste daling van 14.4%, was in die 22.5 mikron segment. G.Modiano SA het op hierdie veiling die grootste hoeveelheid bale gekoop, gevolg deur Lempriere SA, Tianyu SA en Standard Wool SA. Daar is in totaal 11767 bale aangebied, waarvan 95.8% verkoop is.

Op die OVK veiling is 3005 bale aangebied waarvan 94.0% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R155.00/kg, is behaal vir ‘n 2 baal lot CH van 16.2 mikron, uit die skeersel van die Bibbey Boerdery, Frankfort. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!

VOORUITSIGTE

 

Die Rand se versterking teen die vernaamste geldeenhede het 'n groot rol gespeel in die daling in die week se wolmark. Die hernude vlaag van Covid-19 uitbrake in Europa veroorsaak 'n baie wisselvallige mark in beide Suid-Afrika en Australië. Die uitslag van die afgelope presidensiële verkiesing in die VSA, kan egter 'n positiewe invloed hê op handelsbetrekkinge tussen die VSA en China in die afsienbare toekoms, wat weer gunstig kan wees vir die wolmark in die kort tot medium termyn. Wol ontvang in die makelaars se store hierdie week, is 1.0% laer vergeleke die ooreenstemmende tyd van die vorige seisoen.

 Volhoubaar gesertifiseerde (RWS), goeie kwaliteit Merinowol, het weereens goeie aandag geniet op die veiling en gesorg vir gesonde kompetisie tussen kopers.  Produsente kan gerus kennis neem hiervan en ook aanvaar dat dit 'n toekomsneiging is wat gekom het om te bly. Skakel gerus met OVK om u by te staan in die sertifiseringsproses. Die volgende wolveiling is geskeduleer vir 18 November 2020.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

 

MARKET ANALYSES

The 13th wool auction of the 2020/21 season took place this week on 11 November. The Cape Wools Merino indicator traded 7.4% lower, compared to the previous sale and closed at a clean price of R145.56kg. The Australian EMI also decreased by 2.8%, compared to the previous sale. Compared to the rate of the previous sale, the Rand traded 3.7% stronger against the US Dollar and 2.8% stronger to the Euro. The largest increase this week, of 14.4%, was in the 22.5 micron segment. G.Modiano SA was the major buyer on the auction this week, followed by Lempriere SA, Tianyu SA en Standard Wool SA. A total of 11 767 bales were on offer, of which 95.8% was sold.

On the OVK auction 3 005 bales were offered, of which 94.0% was sold. The highest price on the OVK auction, of R155.00/kg, was achieved for a 2 bale lot CH of 16.2 microns, from the clip of the Bibbey Farming, Frankfort. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement! 

FORECAST

The strengthening of the Rand against the most important currencies played a big role in this week's weakening of the wool market. The renewed outbreaks of Covid-19 in Europe are resulting in a very unstable market in both South-Africa and Australia. The result of the recent presidential elections in the USA might have a positive influence on trade relations between the USA and China in the near future though, which could result in favour of the wool market in the short to medium term. The receival of wool in the brokers’ stores this week is 1.0% lower, compared to the same time of the previous season.

Sustainable certified (RWS), good quality Merino wool, was in high demand on the auction and enjoyed healthy competition amongst the buyers. Producers have to take note of this and also accept that this is a future trend which has come to stay. We invite farmers to contact OVK for assistance in the certification process. The next wool auction is scheduled for 18 November 2020.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOLMARKET REPORT CE23...


Lees Meer