SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT W11_2020

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT W11_2020

geplaas op 18:11 (GMT+2) Di., 08 Sep. 2020

Daar was beperkte belangstelling in grootbokhaar sowel as haar met saad / There was limited competition on adult mohair as well as seedy mohair

MARKANALISE

Die tweede sybokhaarveiling van die 2020 winter verkoopseisoen is vandag, die 8ste September 2020, in Port Elizabeth aangebied. Daar was beperkte belangstelling in grootbokhaar sowel as haar met saad en baie min is verkoop. Pryse van bokkiehaar het met 3.2% gestyg en 'n markaanwyser van R418.96/kg met 67.0% verkoop; jongbokhaar daal met 1.7% met 'n markaanwyser van R215.94/kg en 'n verkoopspersentasie van 75.7%. Grootbokhaar daal met 4.9% met 'n markaanwyser van R159.07/kg en 55.5% verkoop. Dit het die totale verkope op 62.9% te staan gebring met 'n markaanwyser van R221.57/kg wat 'n daling van 1.4% is. Die beste prys van die dag het aan DH Schoeman van Oudtshoorn gegaan wat R560.00/kg vir winter tipe kleinbokkiehaar behaal het. Samil was die koper.

MARKVOORUITSIGTE

Die vooruitsig vir die komende veiling, wat ook 'n groot volume veiling gaan wees, is dat die pryse van saadtipe haar, grootbokhaar en dié van sterk jongbokhaar, steeds onder druk gaan verkeer, terwyl dié van fyn jongbokhaar en winter kleinbokkiehaar relatief onveranderd op huidige vlakke gaan verhandel. Die volgende veiling word op 29 September 2020 in Port Elizabeth aangebied. So berig Etienne Bezuidenhout, OVK Sybokhaarbestuurder.

OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Vind ook meer uit oor die opwindende nuwe kommissiestruktuur op vesel bemark deur OVK. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 23.9 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.

MARKET ANALYSES

The second sale of the 2020 winter season took place in Port Elizabeth today, the 8th of September 2020. There was limited competition on adult mohair as well as seedy mohair and very little was sold. The price of kids increased by 3.2.0% with a market indicator of R 418.96/kg and a 67.0% sale clearance; young goat hair decreased by 1.7% with a market indicator of R215.94/kg and a sale clearance of 75.7%. Adult mohair decreased by 4.9% with a market indicator of R159.07/kg and 55.5% sold. This brought the overall sale clearance to 62.9% and the overall market indicator to R221.57/kg which is a decrease of 1.4%. DH Schoeman of Oudtshoorn fetched the highest price of R560.00/kg today for a bale of winter kids. Samil was the buyer.

MARKET OUTLOOK

Due to large volume on offer for the coming sale, it seems as if there will still be some pressure on seedy, adults and strong young goats, whilst the fine young goat and winter kids will be relatively unchanged and sell on current levels. The next sale will be in Port Elizabeth on the 29th of September 2020. So reported by Etienne Bezuidenhout, OVK Mohair Manager.

OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact OVK Fibre’s office in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Please enquire about OVK’s exciting new commission structure on fibre marketed by OVK. Producers must also bear in mind that OVK’s loyalty scheme awards farmers 23.9 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOLMARKET REPORT CE23...


Lees Meer