SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S05_2020

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S05_2020

geplaas op 19:03 (GMT+2) Ma., 15 Jun. 2020

Die vyfde sybokhaarveiling van die 2020 somerseisoen het gemengde resultate opgelewer / The fifth mohair sale of the 2020 summer selling season had some mixed results.

MARKANALISE

Die vyfde sybokhaarveiling van die 2020 somerseisoen het gemengde resultate opgelewer. Daar was goeie kompetisie tussen die plaaslike verwerkers op die kleinbokkie tipes. Grootbokhaar en jongbokhaar het vandag baie minder aandag geniet en pryse, asook verkoopspersentasie, was onder druk. Vergeleke die vorige veiling het kleinbokkies 1.3% gedaal, jongbokke is 11.4% laer en grootbokke 7.1% laer. Die beste prys van die dag het gegaan aan Niel Rossouw van Prins Albert teen R600.00/kg vir ‘n baaltjie somer kleinbokkiehaar! Hierdie baal goeie styl haar het 23.5 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 90.8%.

Vandag se veilingsanalise is as volg:  Kleinbokkiehaar daal met 1.3% met `n markaanwyser van R422.02/kg  en 97%  is verkoop;  jongbokhaar daal met 11.4% met `n markaanwyser van R234.25/kg en `n verkoopspersentasie van 81%. Grootbokhaar daal met 'n verdere 7.1% met `n markaanwyser van R166.11/kg en 80% verkoop. Dit het die totale verkope op 81.9% te staan gebring met `n markaanwyser van R230.08/kg wat 6.0 % laer is. 

MARKVOORUITSIGTE

Daar was weer ‘n duidelike verskil tussen die onderskeie fyner mikrongroepe. Spesiale aandag moet in die klasseringsproses aan die verdeling tussen fynhede geskenk word. Dit is die ideale geleentheid vir die bo-gemiddelde boer om die EGT-proses tot sy voordeel aan te wend. Die prysvlakke van sterk jongbokhaar en grootbokhaar gaan onder druk verkeer in die afsienbare toekoms totdat Europa weer tot die mark gaan toetree. Die volgende veiling word op 30 Junie 2020 in Port Elizabeth aangebied.  

MARKET ANALYSES

The fifth mohair sale of the 2020 summer selling season had some mixed results. There was good competition from the local processors on the kid types. Adult hair and the young goat hair received less attention. Compared to the previous sale, kids were 1.3% easier, young goats down by 11.4% and adults down by 7.1%. The best price of the day went to Niel Rossouw of Prince Albert at R600.00/kg! This good style summer kid bale tested 23.5 micron with a clean yield of 90.8%

Today's sales analysis is as follows: The price of kids decreased by 1.3% with a market indicator of R422.02/kg and a 97% sale clearance; young goat hair decreased by 11.4% with a market indicator of R234.25/kg and a sale clearance of 81%. Adult mohair decreased by 7.1% with a market indicator of R166.11/kg and 80% sold. This brought the overall sale clearance to 81.9% and the overall market indicator to R230.08/kg which is 6.0 % lower.

MARKET OUTLOOK

There is a definite price difference in the finer micron groups and special care must be taken to separate the finer microns from the stronger ones. This makes EGT a logical choice for the better than average farmer. The price levels for strong young goat mohair as well as that of adult mohair will remain under pressure until Europe is back in the market. The next sale will be offered on 30 June 2020 in Port Elizabeth.


Deel met vriende