SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S03_2020

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S03_2020

geplaas op 18:44 (GMT+2) Di., 17 Mrt. 2020

Daar was weer ‘n duidelike aanvraag na die fyner (31 mikron en fyner) tipes / There is a definite demand for the finer microns (31micron and finer)

MARKANALISE

Die derde sybokhaarveiling van die 2020 somer seisoen het ten spyte van al die vrese oor die Carona virus goed verloop.Daar was goeie kompetisie tussen die meeste van die kopershuise op al die tipes. Vergeleke die vorige veiling het kleinbokkies 4.2% gedaal, jongbokke 9% laer en grootbokke 5% laer. Die beste prys van die dag het gegaan aan Pen Marx Familie Trust van Aberdeen teen R554.00/kg vir ‘n baaltjie somer kleinbokkiehaar! Hierdie baal bo gemiddelde styl haar het 23.1 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 87.8%.

Vandag se veilingsanalise is as volg:  Kleinbokkiehaar daal met 4.2% met `n markaanwyser van R441.85/kg en 96% is verkoop;  jongbokhaar daal met 9% met `n markaanwyser van R285.36/kg en `n verkoopspersentasie van 100%. Grootbokhaar daal met 5% met `n markaanwyser van R190.75/kg en 100% verkoop. Dit het die totale verkope op 99.1% te staan gebring met `n markaanwyser van R259.09/kg wat 5.7% laer is. 

MARKVOORUITSIGTE

Daar was weer ‘n duidelike  aanvraag na die fyner (31 mikron en fyner) tipes. Spesiale aandag moet in die klasseringsproses van die skeersel geskenk word aan die verdeling tussen fynhede. Dit is die ideale geleentheid vir die bogemiddelde boer om die EGT-proses tot sy voordeel aan te wend. Die prysvlakke behoort dieselfde te wees vir die vierde veiling as die ekonomisiese toestande nie verder versleg as gevolg van die Carona virus wat wêreldwyd amok maak nie. Die volgende veiling word op 7 April 2020 in Port Elizabeth aangebied. 

MARKET ANALYSIS

The third mohair sale of the 2020 summer selling season had a good run in spite of the Carona virus concerns. There was good competition from most of the buyers.  Compared to the previous sale, kids sold 4.2% lower, young goats down by 9.0% and adults down by 5%. The best price of the day went to Pen Marx Family Trust of Aberdeen at R554.00/kg! This good style summer kid bale tested 23.1 micron with a clean yield of 87.8%.

Today's sales analysis is as follows: The price of kids decreased by 4.2% with a market indicator of R441.85/kg and a 96% sale clearance; young goat hair decreased by 9% with a market indicator of R285.36/kg and a sale clearance of 100%. Adult mohair decreased by 5% with a market indicator of R190.75/kg and 100% sold. This brought the overall sale clearance to 99.1% and the overall market indicator to R259.09/kg which is 5.7 % lower.

MARKET OUTLOOK

There is a definite demand for the finer microns (31micron and finer) and special care must be taken to separate the finer microns from the stronger ones. This makes EGT a logical choice for the better than average farmer. The market should remain the same for the fourth sale if the global economic circumstances do not worsen due to the current Corona hype. This sale will be offered on the 7th of April 2020 in Port Elizabeth. 

Kliek hier om die volle verslag te lees

Deel met vriende    



Vorige Verslae

WOLMARKVERSLAG/WOOL MARKET REPORT : CE28...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE27...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT ......


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE25...


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOL MARKET REPORT CE24...


Lees Meer

SYBOKHAARMARKVERSLAG/MOHAIR MARKET REPORT ......


Lees Meer

WOLMARKVERSLAG / WOOLMARKET REPORT CE23...


Lees Meer