SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S01_2020

SYBOKHAARMARKVERSLAG / MOHAIR MARKET REPORT S01_2020

geplaas op 18:54 (GMT+2) Di., 11 Feb. 2020

Die eerste sybokhaarveiling van die 2020 somer seisoen het goed afgeskop met goeie mededinging tussen al die kopershuise / The first mohair sale of the 2020 summer selling season kicked of well with good competition from all buyers.

MARKANALISE

Die eerste sybokhaarveiling van die 2020 somer seisoen het goed afgeskop met goeie mededinging tussen al die kopershuise. Die statistieke het weer bevestig dat nie een enkele kopershuis die veiling kon domineer nie. Baie merkbaar was die dramatiese afname in aanvraag na die nie-volhoubaar getoetsde skeersels met tot ‘n 20% afname in prys. In vergelyking met die laaste veiling in Desember 2019 het kleinbokkies 5.3% beter verkoop, jongbokke 17.9% beter en grootbokke 5.8% beter. Die beste prys van die dag het gegaan aan Paul Steynberg van Graaff Reinet teen R532.10/kg vir ‘n baaltjie somer kleinbokkiehaar! Hierdie baal gemiddelde styl haar het 21.9 mikron getoets met ‘n skoonopbrengs van 86.1%.

Vandag se veilingsanalise is as volg:     Kleinbokkiehaar styg met 5.3% met `n markaanwyser van R418.94/kg  en 100%  is verkoop;  jongbokhaar styg met 17.9% met `n markaanwyser van R286.48/kg en `n verkoopspersentasie van 100%. Grootbokhaar styg met 5.8% met `n markaanwyser van R187.81/kg en 100% verkoop. Dit het die totale verkope op 100% te staan gebring met `n markaanwyser van R253.03/kg wat 8.2% beter is.

MARKVOORUITSIGTE

Daar was ‘n duidelike  aanvraag na die fyner (31 mikron en fyner) tipes. Spesiale aandag moet in die klasseringsproses van die skeersel geskenk word aan die verdeling tussen fynhede. Dit is die ideale geleentheid vir die bogemiddelde boer om die EGT-proses tot sy voordeel aan te wend. Die prysvlakke behoort dieselfde te wees vir die tweede veiling. Die volgende veiling word op 3 Maart 2020 in Port Elizabeth aangebied. 

MARKET ANALYSIS

The first mohair sale of the 2020 summer selling season kicked of well with good competition from all buyers. This was confirmed with the good spread of business going to the different buying houses with not one very dominant buyer. Also noted is the lack of interest in the non-sustainable lots of mohair (Some lots sold for 20% less).  Compared to the last sale in December 2019, kids sold 5.3% better, young goats 17.9% better and adults 5.88% better. the best price of the day went to Paul Steynberg of Graaff Reinet at R532.10/kg! This average style summer kid bale tested 21.9micron with a clean yield of 86.1%.   

Today's sales analysis is as follows:  The price of kids increased by 5.3% with a market indicator of R418.94/kg and a 100% sale clearance; young goat hair increased by 17.9% with a market indicator of R286.48/kg and a sale clearance of 100%. Adult mohair increased by 5.8% with a market indicator of R187.81/kg and 100% sold. This brought the overall sale clearance to 100% and the overall market indicator to R253.03/kg which is 8.2% higher.

MARKET OUTLOOK

There is a definite demand for the finer microns (31micron and finer) and special care must be taken to separate the finer microns from the stronger ones. This makes EGT a logical choice for the better than average farmer. The next sale should follow the same price trend as the first one. This sale will be offered on the 3rd of March 2020 in Port Elizabeth. 


Deel met vriende