MARKANALISE
Op wolveiling CF10, het die Cape Wools Merino aanwyser met 0.7% vir alle-merino wol verswak en met 0.5% vir gesertifiseerde wol verlaag, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R159.47/kg en R161.80/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 1886 bale aangebied, waarvan 96.30% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R142.90/kg (skoon prys: R192.13/kg), is behaal vir ‘n 2 baal lot CL van 17.2 mikron, uit die skeersel van BG Viljoen, vanuit die Swellendam distrik. Die koper was VBC Wools SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CF10, the Cape Wools Merino indicator eased by 0.7% for all-merino wool, and decreased by 0.5% for certified wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R159.47/kg and R161.80/kg, respectively. On the OVK auction 1886 bales were offered, of which 96.30% was sold. The highest price on the OVK auction, of R142.90 (clean price: R192.13/kg), was achieved for a 2 bale lot CL of 17.2 microns, from the clip of BG Viljoen from the Swellendam district. The buyer was VBC Wools SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.