MARKANALISE
Op wolveiling CF09, het die Cape Wools Merino aanwyser met 0.8% vir alle-merino wol verswak en met 1.0% vir gesertifiseerde wol verlaag, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R160.66/kg en R162.56/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 2775 bale aangebied, waarvan 98.20% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R168.00/kg (skoon prys: R220.65/kg), is behaal vir ‘n 1 baal lot BFH van 16.4 mikron, uit die skeersel van Omega Farming (Pty) Ltd, vanuit die Burgersdorp distrik. Die koper was Standard Wools SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CF09, the Cape Wools Merino indicator eased by 0.8% for all-merino wool, and decreased by 1.0% for certified wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R160.66/kg and R162.56/kg, respectively. On the OVK auction 2775 bales were offered, of which 98.20% was sold. The highest price on the OVK auction, of R168.00 (clean price: R220.65/kg), was achieved for a 1 bale lot BFH of 16.4 microns, from the clip of Omega Farming (Pty) Ltd from the Burgersdorp district. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.