MARKANALISE
Op wolveiling CF01, het die Cape Wools Merino aanwyser met 5.6% vir alle-merino wol gedaal en met 5.8% vir gesertifiseerde wol verswak, teenoor die vorige veiling en teen 'n skoonprys van R162.63/kg en R163.94/kg, onderskeidelik gesluit. Op die OVK veiling is 3488 bale aangebied, waarvan 95.47% verkoop is. Die hoogste prys op die OVK veiling, van R160.00/kg (skoon prys: R219.75/kg), is behaal vir ‘n 2 baal lot AFH van 16.4 mikron, uit die skeersel van McNaughton Boerdery cc, vanuit die Graaff-Reinet distrik. Die koper was Standard Wool SA. Baie geluk met hierdie prestasie!
OVK bied voorskotte op vesel wat by ons gelewer word, asook produksielenings. Skakel gerus die OVK Veselkantoor in Port Elizabeth of u Tegniese Veldbeampte vir meer inligting. Produsente word ook herinner aan die lojaliteitskema van OVK, waar boere beloon word met 35 sent vir elke kilogram vesel wat deur OVK bemark word.
MARKET ANALYSES
On wool auction CF01, the Cape Wools Merino indicator decreased by 5.6% for all-merino wool, and decreased by 5.8% for certified wool, compared to the previous sale and closed at a clean price of R162.63/kg and R163.94/kg, respectively. On the OVK auction 3488 bales were offered, of which 95.47% was sold. The highest price on the OVK auction, of R160.00kg (clean price: R219.75/kg), was achieved for a 2 bale lot AFH of 16.4 microns, from the clip of McNaughton Farm cc, from the Graaff-Reinet district. The buyer was Standard Wool SA. Congratulations on this achievement!
OVK offer advances on fibre delivered in PE, as well as production loans. Please contact the OVK Fibre offices in Port Elizabeth or your Technical Field Officer for more information. Producers must also bear in mind that the OVK loyalty scheme awards farmers 35 cents per kilogram on fibre marketed by OVK.